Showing posts with label Marina Marais. Show all posts
Showing posts with label Marina Marais. Show all posts

Tuesday, 20 May 2025

Kerkraadvoorstelling


Ons lees in Efesiërs 4 dat Christus aan "elkeen van ons" gawes gegee het om die liggaam van Christus op te bou.
Dutoitspan is dankbaar dat Marina Marais en Adriaan Broodryk hul hand opgesteek het en gesê het: "Here hier is ek stuur my."
Die arbeiders is min, terwyl die oes só groot is.
Baie seën vir die nuwe kerkraadslede in diens van die Here.

Foto's: Elsa Minne

Friday, 14 March 2025

Kerkraadslede: ouderlinge

 
Adriaan en Marina, baie geluk en mag die werk wat julle in sy wingerd verrig, geseënd wees en vrugte dra. 

Friday, 19 July 2024

Tabita se sop- en storieaand

Gisteraand het Tabita-dames op 'n ander manier hul 67-uitreikminute gebruik. Daar word só baie op materiële vlak uitgereik, maar diegene wat uitreik se emosionele tenks bly dikwels leeg, want in vandag se gejaagde lewe is daar nie tyd om dit op te vul en aan te vul nie. Gisteraand is daar emosionele brandstof, geloofsbrandstof en hoop uitgedeel. 

Die twee dames wat hul lewenservaring, die opdraandes en die afdraandes, die twyfel en die glo, met die ander teenwoordig gedeel het, wou vir hulle die versekering gee dat 'n mens nooit hoop moet verloor nie - al lyk die pad oneindig lank en donker - glo en beweeg net een tree op 'n slag en as jy terugkyk, sien jy dat die Here se vingerafdrukke sigbaar is. 
   
Marina Marais het haar kankerpad met die vrouens gedeel en Liesl Brown het haar pad tot heling na haar seun se motorfietsongeluk gedeel. Hierdie was hart-oopmaak-getuies. 

Marina se getuienis kan in die boekie, God maak stukkende mense heel, gelees word en Liesl se seun se berig het HIER verskyn.

As Tabita weer 'n byeenkoms het, kom kuier gerus saam en kom maak jou geloofstenk vol.

Koop gerus hierdie boekie, God maak stukkende mense heel, 2018/2019, met stories van hoop by Dutoitspan Kerkkantoor - 053 842 1100 @ 'n baie bekostigbare R50,00.

Saturday, 22 June 2024

Vakansie-Bybelskool: Dag 4


Dankie, tannie Annatjie Enslin en haar span vir die geseënde Bybelskoolweek! Hierdie aktiewe groepie kinders het ʼn draai by die Rooi See gemaak, deur die 10 plae gewerk, speletjies gespeel, sandart en hope ander lekker aktiwiteite gedoen. As ervare fynproewers het hulle elke dag hul lippe afgelek na ʼn heerlike ete.

Onthou: Groei en blom waar jy geplant word, al is dit ook in swak grond - dis waar God jou nou nodig het. Hy sal jou uitplant wanneer die tyd ryp is.

Foto's: Marina Marais

Friday, 21 June 2024

Wednesday, 19 June 2024

Tuesday, 18 June 2024

Vakansie-Bybelskool: Dag 1

Ballonspeletjies
Malvalekkerpiramides
Sandkuns en die verf van fotorame

Foto's: Marina Marais

Friday, 3 May 2019

Pretdag: Werkers agter die spookasemgordyn


'n Paar dankies solank vir die besige en bedrywige werkers agter Dutoitspan se spookasemgordyn vir die jeug. Elmarie Delport  by gesigverf, haarkleur en naels vir die dogtertjies wat hulle graag vir die naweek wil optooi. Liesl Brown en Mari Matthysen by die kosstalletjies. Geen mens kan die pretdag op 'n honger maag aanpak nie. Annatjie Enslin saam met Marina by speletjies en handwerk - die pret in die pretdag.  Ds. Ensie wat oral betrokke is - hy maak spookasem, ry koeldrank aan, bou mini-putt-puttbaan en maak speelgoedjies reg. Oom Flip Opperman bak pannekoek en Fredolien du Plessis help oral. Hannes en Louise Hattingh is by die kaskarre en Christelle Hattingh het 'n vinger in elke "pie". Dankie vir die kerkkantoor wat altyd op hulle pos is - julle is 'n belangrike skakel.

'n Groot dankie aan elkeen, ook aan diegene wat in stilte meer as hulle kant gebring het. Niks gaan ongesiens verby nie.

Pretdag: 'n Lusmakertjie vir Saterdag ...





Die jeug "clown" Saterdag! Sien jou daar!


Christelle Hattingh