Gisteraand het Tabita-dames op 'n ander manier hul 67-uitreikminute gebruik. Daar word só baie op materiële vlak uitgereik, maar diegene wat uitreik se emosionele tenks bly dikwels leeg, want in vandag se gejaagde lewe is daar nie tyd om dit op te vul en aan te vul nie. Gisteraand is daar emosionele brandstof, geloofsbrandstof en hoop uitgedeel.
Die twee dames wat hul lewenservaring, die opdraandes en die afdraandes, die twyfel en die glo, met die ander teenwoordig gedeel het, wou vir hulle die versekering gee dat 'n mens nooit hoop moet verloor nie - al lyk die pad oneindig lank en donker - glo en beweeg net een tree op 'n slag en as jy terugkyk, sien jy dat die Here se vingerafdrukke sigbaar is.
Marina se getuienis kan in die boekie, God maak stukkende mense heel, gelees word en Liesl se seun se berig het HIER verskyn.
As Tabita weer 'n byeenkoms het, kom kuier gerus saam en kom maak jou geloofstenk vol.