Monday 1 July 2024

By U is ek veilig

Ek het gevra vir krag
sodat ek kon presteer,
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer.

Ek het gevra vir gesondheid
sodat ek groot dinge kon verrig,
Toe gee Hy genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig.

Ek het gevra vir rykdom
sodat ek geluk kon koop,
Toe gee Hy armoede om my van my hoogmoed te stroop.

Ek het gevra vir mag
sodat ander my kan prys,
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys.

Ek het gevra vir alles in die lewe
sodat ek dit kon geniet,
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe vreugde kan bied.

Ek het niks ontvang
waarvoor ek gevra het nie,
Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade,
het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop. 
Want selfs al gaan ek deur donker dieptes,
hoef ek nou nie meer bang te wees nie.
U is by my. By U is ek veilig.
U goedheid en liefde is my huis en my hart.
Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.
U sal my beskerm teen alle gevaar

[Dankie, Anoniem]