Sunday 7 July 2024

Mossiestilte: Rom. 4:16

Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan wees vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal ...

Abraham was nie ongelowig oor God se belofte nie, maar is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee. Daarom is dit hom tot geregtigheid gereken; ook vir ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het, (verse 20 - 24).
Abraham het hierdie belofte nie vanuit die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof. (vers 13c)
Jy is nou ook deel van Abraham se nageslag omdat jy glo; daarom is die genade van Christus ook vir jou. (Rom. 5:1)
God maak die dode lewend en roep dinge wat nie bestaan nie, asof hulle bestaan. (vers 17b)

Dankie Here, dat U my vrygemaak het van die sonde, sodat ek diensbaar geword het aan die geregtigheid (Rom. 6:18). Nou het ek die vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. Ek het die genadegawe van God, die ewige lewe in Christus Jesus, my Here. (Rom. 6:22b+23b). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]