Hy het oorgeleun en die pen uit haar handjie geneem en sy het opgekyk na hom toe en toe vriendelik gesê: "Hallo, Pappie."
Nou "Hallo, Pappie," is 'n normale sinnetjie vir enige kleutertjie van daardie ouderdom, maar Mara is erg outisties en nie-verbaal.
Toe daardie woorde uit haar mondjie kom, het die trane oor my man se wange begin rol ... hy was oorweldig met emosie om sy dogtertjie se stemmetjie te hoor nadat sy 3 jaar lank nie-verbaal was.
Haar woorde het gate in sy damwal gedruk ... jy weet van watter damwal ek praat ... daardie damwal wat jy om jou hart bou, sodat geen emosies kan ingaan of uitkom nie ... maar daardie oggend toe verkrummel daardie twee woordjies: "Hallo, Pappie," daardie damwal ... Hy het gehuil oor die verlies van 'n normale dogtertjie waaroor hy drome gedroom het ... hy het gehuil oor 'n stemmetjie wat hy nie geken het nie ... hy het gehuil oor 'n dogtertjie wat in haar eie wêreld vasgevang is ... hy het gehuil omdat hy dikwels gewonder het of sy weet wie hy is ... hy was nog besig om te huil toe die Gees van die Here met hom praat.
EK weet hoe jy voel, want ek is ook 'n Vader ... My kinders praat ook nie met My nie ... My kinders is ook in hulle eie wêreld vasgevang ... 'n wêreld van ontbyt ... werk ... aandete ... TV kyk en slaap ... ek wonder ook soms of hulle my herken ... of hulle weet wie Ek in hulle lewens is. My kinders is vasgevang in 'n wêreld van stokperdjies en sport en ure se sepies kyk ... Ek probeer alles dat hulle My moet herken ... Ek antwoord gebede ... Ek voorsien in hulle behoeftes ... Ek het selfs so ver gegaan om my Seun te stuur vir hulle verlossing ... Ek het hulle nie nodig nie, maar Ek wil hulle so graag hê ... hulle het My só nodig maar wil My nie hê nie. Ek is nie kwaad nie, maar ook so hartseer soos jy.
Ek wag ook vir die dag wat hulle opkyk na My met liefde in hulle oë en vir my sê: "Hallo, Pappie."
[Aangestuur deur Rozetta Venter.]