Showing posts with label Dirk Grové. Show all posts
Showing posts with label Dirk Grové. Show all posts

Sunday, 23 November 2025

Belydenisaflegging 2025 (Deel 1)

Aangesien julle die kerkraad oortuig het van julle genoegsame kennis van die Bybel en van die leer van die kerk en van julle persoonlike geloofsvertroue, het die kerkraad met blydskap toestemming verleen dat julle in die openbaar julle geloofsbelydenis mag aflê en so toegang kry tot die nagmaal. Daarom versoek ek julle om voor God en sy gemeente op die volgende vrae opreg te antwoord:
Ten eerste: Glo jy dat die leer soos in die Ou en Nuwe Testament en in die artikels van die Christelike geloof vervat is en in die kerk hier geleer word, die ware en volkome leer van die verlossing is?
Ten tweede: Beloof jy om as lidmaat van die gemeente van Christus deur sy genade in die beiydenis van die leer tot die einde van jou lewe te volhard, en alle Ieringe wat daarvan afwyk, te verwerp?
Ten derde: Bely jy dat die Here Jesus Christus jou persoonlike Verlosser is en dat jy Hom liefhet? Beloof jy om Hom te dien, sy Naam getrou te bely voor die mense en om aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te neem?
Ten slotte: Beloof jy dat jy jou onderwerp aan die kerklike opsig en tug? 
Foto's: Ds. Ensie Enslin

Belydenisaflegging 2025 (Deel 2)


Foto's: Elsa Minne

Friday, 11 April 2025

Gemeentelede presteer op verskillende terreine


Dutoitspan-gemeente deel in die vreugde van Addies en die Grové-gesin. Dit is altyd spesiaal as skole hul leerders vereer wat uitblink.

Enrique Grové het 'n eerste plek behaal in die nasionale finaal van Radikale Redenaars in Engels en word daarom ook vereer met Adamantia se Prestige-witbaadjie vir sy uitsonderlike prestasie. Willem, Dalene en Enrique, baie geluk met hierdie besondere prestasie. Ons deel in julle trots. Enrique, mag jy net van krag tot krag gaan! [Klik HIER vir Addies se FB]

Saam met hulle is mnr Van Rooyen, skoolhoof van Adamantia.


Kyllin van der Westhuizen en Wildré Roberts ontvang die Springbok-toekenning vir Landsdiens. Saam met hierdie toekenning ontvang hulle ook erekleure. Dutoitspan is saam met die Roberts-gesin trots op Wildré se mooi prestasie. 

Ada Rheeder (2e van links) is ook 'n aktiewe Dutoitspanner en oudonderwyser wat nog steeds baie nou betrokke by die landsdiens is. Sy is die voorsitter van die Noord-Kaapse Landsdiens en bevind haar dikwels agter die stuur op pad iewers heen - Êrens of is dit nêrens Noord-Kaap? Haar passie, toewyding en bydrae maak 'n groot verskil, nie net by die Landsdiens nie, maar ook by die lede en kinders wie se lewens sy aanraak.

Lillian Brummage, die kaptein van die noodhulpspan, ontvang namens die skool erkenning vir hulle onbaatsugtige hulp en ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens.
Baie geluk en baie voorspoed vir julle pad vorentoe!!