Showing posts with label Vergifnis. Show all posts
Showing posts with label Vergifnis. Show all posts

Thursday, 30 July 2026

Dink hieroor: Vergifnis

Om te vergewe is om 'n gevangene vry te laat, 
net om te ontdek daardie gevangene was jyself.
Lewis B. Smedes

Friday, 12 June 2026

Uitreik: Wat moet ons doen?

Ons moet mekaar liefhê 
met die Liefde wat God vir ons gee.
Ons moet mekaar vergewe 
soos God ons vergewe.
Ons moet vir mekaar bid,
sodat God ons kan beskerm 
teen die gevaar dáárbuite. 
Ons moet die Woord deel
met hulle wat ons pad vandag kruis.

Monday, 20 April 2026

Matteus 25:40 - "... het julle dit aan My gedoen."

’n Jong dametjie met die naam van Sally kan nog soos gister onthou die ondervinding wat sy gehad het in een van haar Bybelkundeklasse deur haar onderwyser, mnr. Smit.

Mnr. Smit was bekend vir sy vindingryke metodes om ’n klas aan te bied.

Een spesifieke somersoggend stap Sally in die Bybelkundeklas in en sy het onmiddellik geweet hierdie gaan weer een van daardie onvergeetlike dae wees.

Teen die muur was ’n groot afdruk van ’n veerpyltjiebord en op die tafel daar naby het ’n klomp veerpyltjies gelê.

Mnr. Smit het gevra dat hulle elkeen ’n skets moet maak van die persoon wat hulle die meeste verafsku of iemand wat hulle kwaad gemaak het en hy sal hulle toelaat om van die veerpyltjies na die persoon se skets te gooi.

Sally se vriendin het ’n skets geteken van die ander meisie wat haar kêrel gesteel het. ’n Ander vriend het ’n skets geteken van sy jonger boetie. Sally het ’n skets geteken van ’n voormalige vriend van haar. Sy het baie detail ingevoeg op die skets, selfs van die puisies op sy gesig. Sally was baie tevrede met haar skets en dit was nogal ’n goeie weergawe van die voormalige vriend.

Die klas het in ’n ry gestaan en hulle beurt afgewag om van die veerpyltjies na hul skets te gooi.

Sommige studente was so meegevoer deur die hele ondervinding dat hulle van die veerpyltjies so hard gegooi het dat hulle sketse geskeur het. Sally kon nie meer wag op haar beurt om haar frustrasie op die skets van haar voormalige vriend uit te haal nie.

Sy was baie teleurgestel toe mnr. Smit die gooiery stop en die studente vra om hul sitplekke weer in te neem omdat die tyd bestem vir die klas feitlik verstreke was.

Terwyl Sally sit en dink hoe kwaad sy is omdat sy nie ’n beurt kon kry om van die veerpyltjies na haar skets te gooi nie, begin mnr. Smit die afdruk van die veerpyltjie bord van die muur af te haal.

Onder die afdruk van die veerpyltjie bord was ’n prentjie van Jesus. ’n Grootse stilte het op die klas neergedaal soos wat elke student kon sien hoe verwronge die prentjie van Jesus se gesig gelyk het. Daar was oral gate en skeure in die prentjie van Sy gesig en die oë was deurboor met die veerpyltjiegate.

Mnr. Smit het net die volgende woorde aangehaal: “vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” Mat 25:40.

Geen verdere woorde was nodig nie, terwyl studente met oë wat vol trane is, steeds staar na die prentjie van Jesus, ons Verlosser!!

[Geleen]

Thursday, 4 December 2025

Dink hieroor: Wat beplan jy vir Desember?

Wat is op jou agenda vir die feestyd
'n Vakansie by die see, 
kuier tot jy lê, 
duur geskenke vir mekaar?

Wat van vergifnis, omgee en liefde? 
Is dit nie tyd om jou ouers of kinders te vergewe nie?
Dalk 'n oproep om te sê: "Mamma, ek is lief vir jou, no matter what!"
Kom ons begrawe die verlede, 
dit kan in elk geval nie verander word nie.
Kyk vorentoe en maak 'n hartsverskil.

Die lewe is bitter kort, 
daar's nie tyd om kwaad te bly, 
en kwaad te lewe nie ... 
Môre is dalk te laat!

Ons kan nie verwag om die Hemel ons ewige tuiste te maak,
as ons nie kan vergewe nie ...
as ons die  wrok in ons hart vertroetel en lewend hou.
Neem JY die eerste tree en wees die minste.

As God kan vergewe, 
hoekom kan ons nie?
As 'n kind van die Here, 
weet ons wat reg is.
Onthou, tyd staan nie stil nie ...

[Aangestuur]

Monday, 13 October 2025

Gebed: Die verlede is vergewe en die toekoms nuut

Almagtige God en Hemelse Vader, Here, dankie dat Die Woord 'n deel vorm van wie ons werklik is in Jesus Christus. Dankie dat die heel beste raad nog ooit daarin is. Dankie dat Jesus nader is as enige familielid en dankie vir die hegte verhouding wat ons almal met Jesus kan hê. Here, ons harte breek wanneer ons, ons indink hoe seer ons U al gemaak het. Dankie, dat ons weet, Here, alles is deel van die verlede en U het ons nuut geskape. Dankie, Here, U vergeet wat agter is en strek U uit na wat voor is. Here, rus ons toe met die wete dat ons sal vergeet van ons verlede en sal uitstrek na 'n nuwe lewe in Jesus Christus se Wonderbare Naam word hierdie gebid. Amen.

Tuesday, 2 September 2025

Kom wees deel van 'n wêreldwye Bybelstudie


Dominee Ensie Enslin begin DV vanaand, 2 September, om 19:00 met 'n AFRIKAANSE Bybelstudie oor VERGIFNIS. Dit duur tot ongeveer 20:30. 

Dit gebeur na aanleiding van die advertensie wat dominee Ensie aan groepe gestuur het vir die wêreldwye ENGELSE Bybelstudie!!! Dit begin met 'n kenmekaarsessie en verduideliking van die wat en die hoe van die 10 weeklikse byeenkomste. Ons gebruik Bruce Wilkinson se videoreeks oor VERGIFNIS. 

Almal is welkom. Stuur net vir dominee Ensie 'n WhatsApp-boodskap met die woorde "I'm IN!!!" of "Ek's IN!!!" sodat hy elkeen by die regte groep (Afrikaans of Engels) kan inskakel. Klik op die volgende skakel om deel van die Bybelstudie te wees:

Thursday, 7 August 2025

Dink hieroor: Ses eenvoudige maniere om gelukkiger te leef

Vul jou hart met vergifnis.
Moenie tob oor die verlede nie.
Vee bekommernis uit jou gedagtes.
Leef eenvoudig.
Gee meer.
Verwag minder. 

Thursday, 1 May 2025

Dink hieroor: Die verligting van vergifnis is ook in jou are

Ek glo in die son,
selfs al skyn dit nie.
Ek glo in liefde,
selfs al is ek alleen.
Ek glo in God,
selfs wanneer Hy stil is.
Ons almal is menslik, en almal kry seer.
Ons het almal ons lesse om uit die lewe te leer.
Ons almal wil graag vergifnis hê,
Maar dis soms so moeilik net om jammer te sê.
Ons almal het stories, van trane en spyt,
Ons almal het verhale van liefde en verwyt.
Niemand is perfek nie, en nie almal is mooi nie,
Maar onthou, die lekkerste appels is nie altyd rooi nie.
Vergewe en vergeet, is soos bitter en soet.
Die soet laat jou hart klop en die bitter vergiftig jou bloed.
Om kwaad te bly maak niemand dood behalwe jou nie.
Dis nie die moeite werd om dinge teen mense te hou nie.
Leer om te lewe en ander te laat leef,
Leer om na die goeie in die lewe te streef.
Daar’s net een van jou, en net een kort kans,
Om op die ritme van jou geluk, in die lewe te dans.
Verlos jouself en begin diep binne rond delf.
Maak stupid grappies en lag hardop vir jouself.
Daar’s beter dinge as rykdom en geld,
Al bly jy in ‘n tent iewers in die veld.
Dis jou eie keuse maak of breek,
Kyk bietjie wat jy in jou binneste wegsteek.
Tel op jou kop, hou jou trane vir ‘n ander dag,
Dink terug aan goeie tye, en mis dit vir ‘n slag.
Dink aan al die dinge wat jy al behaal het,
En buitendien is dit God wat jou lewe bepaal het.
Voel die verligting van vergifnis in jou are!

Monday, 28 April 2025

Gebed van St Franciscus van Assisi

God - maak van my `n instrument van U Vrede
Waar daar haat is, laat my Liefde saai
Waar daar seermaak is - Vergifnis
Waar daar vertwyfeling is - Geloof
Waar daar wanhoop is - Hoop
Waar daar donkerte is - Lig
En waar daar hartseer is - Vreugde

O Heilige God - gee dat ek nie soveel streef
Na vertroosting as om te Vertroos nie
Om verstaan te word as om self te probeer verstaan
Om vir liefde te vra as om Liefde te gee
Want dit is deur te gee wat ons ontvang
Dit is deur te vergewe wat ons vergewe word
En dit is in ons sterfte wat ons gebore word tot U ewige Lewe ...
Amen

[Vrye vertaling]

Thursday, 25 July 2024

Omdat genade ons OORMAAK

Genade is 'n reusewoord. Amper te groot om te verstaan.

Genade is iets wat eenvoudig gegee word. Genade neem die onbruikbare stukkies van ons laslappielewe en werk dit, nog voor ons vra, aanmekaar in pragtige heelwees-prentjies. 

Genade neem die hart wat deur die modder gesleep is, hemelse wassery toe en hang dit weer - silwerskoon en netjies gestryk - op die hanger van die lewe. 

Genade maak moedeloses weer mense van HOOP, verander bitterheid in VERGIFNIS en herskep verlorenes in EWIGHEIDSKINDERS.

Deur genade word 'n troostelose toekoms omskep in 'n lewe wat uitsien na môre.

Goddelike genade stel nie voorwaardes nie.

(Aangestuur deur Rosetta Venter) 

Wednesday, 29 November 2023

DIE GEBED WAT DIE WÊRELD GESKOK HET

Toe pastoor Joe Wright gevra is om die nuwe sitting van die Kansas Senaat te open, het almal die gewone algemeenhede verwag, maar dit is wat hulle gehoor het:

"Hemelse Vader, ons kom vandag voor u om u vergifnis te vra en u rigting en leiding te soek. .

Ons weet U Woord sê: 'Wee hulle wat kwaad goed noem', maar dit is presies wat ons gedoen het. Ons het ons geestelike ewewig verloor en ons waardes omgekeer.

Ons het die armes uitgebuit en dit die lotto genoem.

Ons het luiheid beloon en dit welsyn genoem.

Ons het ons ongeborenes doodgemaak en dit keuse genoem.

Ons het anti-aborsioniste geskiet en dit geregverdig genoem.

Ons het nagelaat om ons kinders te dissiplineer en noem dit selfbeeld bou.

Ons het mag misbruik en dit politiek genoem.

Ons het ons naaste se besittings begeer en dit ambisie genoem.

Ons het die lug met vloek en pornografie besoedel en dit vryheid van uitdrukking genoem.

Ons het al die ou waardes van ons voorvaders bespot en dit verligting genoem.

Deursoek ons, o God, en ken ons harte vandag; reinig ons van elke sonde en maak ons ​​vry.

Amen!"

Die reaksie was onmiddellik. 'n Aantal wetgewers het tydens die gebed uitgestap in protes.

In 6 kort weke het Central Christian Church, waar ds. Wright pastoor is, meer as 5 000 telefoonoproepe aangeteken met slegs 47 van daardie oproepe wat negatief gereageer het.

Die kerk ontvang nou internasionale versoeke vir afskrifte van hierdie gebed uit Indië, Afrika en Korea.

Kommentator Paul Harvey het hierdie gebed op sy radioprogram: "The Rest of the Story" uitgesaai en 'n groter reaksie op hierdie program gekry as enige ander program wat hy nog ooit uitgesaai het.

Mag hierdie gebed met die Here se hulp oor ons volk spoel en van harte ons begeerte word sodat ons weer genoem kan word: "een nasie onder God."

Tuesday, 6 June 2023

Begin vanaand ...

'
n Boek van VERGIFNIS en onverdiende GENADE.
‘n Boek van nuwe BELOFTES en HOOP
Gedagtes van VOORSPOED en nie van teëspoed nie.

JESUS skryf jou boek van heelmaak
en genesing, liggaamlike genesing,
maar ook vir jou seer, emosies en herinneringe ...

Laat Jesus jou boek se blaai omblaai.
Begin elke dag op 'n SKOON blaai.
Los al die gisters se seerkry,
begin 'n nuwe môre vandag.