Saturday 30 March 2019

Friday 29 March 2019

Thursday 28 March 2019

Focus ...


Wednesday 27 March 2019

Tuesday 26 March 2019

Monday 25 March 2019

Sunday 24 March 2019

Leef dankbaar ...

Eendag baie lank gelede is my oupa oorlede ...
maar dit was maar reg,
want hy was oud!

Jare daarna is my pa oorlede ... maar op 'n manier was dit ook maar reg,
want hy was oud.

Nóú,
het ons al vriende verloor en ons is verstom ...
hulle is dan nog so jonk!

Stadig maar seker begin die werklikheid soos yskoue water in jou murg intrek.

My oupa was twee en sestig.
My pa was vyf en sestig.
Ja, dis waarnatoe ons op pad is ...

Sommige van ons is al selfs dáár verby!

Ek sit nou rustig en luister na die krieke en kyk na die sterre.
'n Vreemde emosie neem van my besit.

Ek wil huil oor die jare wat verby is ... maar ek wil jubel oor die tye wat kom.

My Vriende,
tel elke dag julle manna op.
Drink elke dag die water wat Hy vir jou uit die rots uit gee . . .
en LEEF DANKBAAR!
Voluit! Aanhoudend!

Huil kortstondig oor die hartseer in jou lewe.
Doen dan opgewonde die dinge wat die Here nog wil hê jy moet doen.
Treur vir hulle wat weg is ...
maar doen meer moeite, met hulle wat nog hier is.

Hou op geld na jaag ...
Hou op versamel ...

Gaan dien die Here en geniet jou laaste paar jare saam met jou geliefdes!

Onthou!

Die digter sê:
"Wat ek is,
is net genade!
Wat ek het, is net geleen!"

Ek wil dit voltooi deur te sê:
"Leef tot Eer van die HERE Here,
gereed om Hom te ontmoet ...
want wanneer dit is ...
weet net die Heer alleen!"

Psalm 121:1


Friday 22 March 2019

Suid-Afrika: Soos 'n matrikulant dit sien ...

'n Matriekdogter stuur die gedig aan SA-skool vir gedigte. Hul kommentaar:
Baie goed verwoord en pragtig! Hierdie gedig hoort op elke lamppaal in ons land vir al die doemprofete."

Suid-Afrika

Waarom sou ons vrees in ons eie land
met soveel beloftes uit God se hand?
Suid-Afrika, jy's die perfekte kandidaat
met 'n bonatuurlike, goddelike mandaat!

Ons is mos positiewe geloofsmense
want ons God word nie beperk deur grense.
As Hy hier wil werk, wié kan Hom keer
as Sy bloed spreek in die hemelsfeer?

Hy is ons Raadgewer in al ons weë
op Wie ons wag - Sy tyd is altyd geneë.
Spreek lewe elke dag, oral waar jy kom!
Ons fokus nie op storms en aanslae stom.

Nee! Ons is ligdraers met 'n toekomsvisie
ons styg bo elke haat sonder ammunisie,
en leef ons lewenswoorde van hoop
met moed en krag in vaste geloof!

Net geloof alleen kan God behaag
staan daarom vas - met Hóm sàl ons slaag!

Sunday 17 March 2019

May you experience the touch of God ...


This picture becomes colourful when you touch it. That's what happens when God touches one's life. May you experience the touch of God in every area of your life. 

Thursday 14 March 2019

You can...


Wednesday 13 March 2019

Monday 11 March 2019

Sunday 10 March 2019

Saturday 9 March 2019

Friday 8 March 2019

Thursday 7 March 2019

Wednesday 6 March 2019

Tuesday 5 March 2019

Monday 4 March 2019

Sunday 3 March 2019

Moenie van die kerk wegbly nie ...

* omdat dit gaan reën nie -
   u gaan werk toe in die reën!
* omdat dit warm is nie -
   so is die rugbyveld!
* omdat u te arm is nie -
   toegang is GRATIS!
* omdat die predikant nog nie by u huis was nie -
   die bioskoopbestuurder besoek u nooit nie!
* omdat daar huigelaars is nie -
   u beweeg daagliks tussen hulle!
* omdat u klere nie so goed is nie -
   dis nie 'n modeparade nie!
* omdat u nie baie tyd het nie -

   hoe seker is u daarvan?    

Saturday 2 March 2019

Psalm 23


Friday 1 March 2019

Raak betrokke...

Binne die grense van die gemeente, is daar twee tehuise om by betrokke te raak: Sally Aucamp en Ons Huis.

Dit is van die uiterste belang dat die inwoners nie voel dat hulle op die kantlyn van die lewe staan nie. Wysheid en lewenservaring is deel van dié inwoners se menswees. Kom deel gerus daarin.

Raak betrokke by die wel en weë van hierdie eens baie aktiewe mense van die samelewing.