Friday 22 March 2019

Suid-Afrika: Soos 'n matrikulant dit sien ...

'n Matriekdogter stuur die gedig aan SA-skool vir gedigte. Hul kommentaar:
Baie goed verwoord en pragtig! Hierdie gedig hoort op elke lamppaal in ons land vir al die doemprofete."

Suid-Afrika

Waarom sou ons vrees in ons eie land
met soveel beloftes uit God se hand?
Suid-Afrika, jy's die perfekte kandidaat
met 'n bonatuurlike, goddelike mandaat!

Ons is mos positiewe geloofsmense
want ons God word nie beperk deur grense.
As Hy hier wil werk, wié kan Hom keer
as Sy bloed spreek in die hemelsfeer?

Hy is ons Raadgewer in al ons weë
op Wie ons wag - Sy tyd is altyd geneë.
Spreek lewe elke dag, oral waar jy kom!
Ons fokus nie op storms en aanslae stom.

Nee! Ons is ligdraers met 'n toekomsvisie
ons styg bo elke haat sonder ammunisie,
en leef ons lewenswoorde van hoop
met moed en krag in vaste geloof!

Net geloof alleen kan God behaag
staan daarom vas - met Hóm sàl ons slaag!