Showing posts with label Seënwense. Show all posts
Showing posts with label Seënwense. Show all posts

Thursday, 1 January 2026

Seën vir 2026 met al die gepaardgaande uitdagings

Die begin van elke nuwe jaar is dit tyd om te reflekteer oor die afgelope jaar en planne te maak vir die nuwe jaar en die onbekende toekoms. 2026 beskik oor die magiese onbekende, maar ook oor die belofte van nuwe geleenthede en die moontlikheid om ons lewens te verbeter, om dit waarvoor ons op aarde geplaas us, voluit aan te pak en geen steen onaangeroer laat nie. 

Mag jy oor die vermoë beskik om die 2026-uitdagings in 2026-hoogtepunte te omskep. Voorspoed en baie seën vir die pad vorentoe.

Wednesday, 31 December 2025

2026-seënwense

# Ek seën jou met die vreugde van guns in God se oë en ook in die oë van ander.
# Ek seën jou met mense wat om jou inskuif en jou hande oplig en 'n pad saam met jou begin stap.
# Ek seën jou met goddelike vriendskappe, mense wat jou sal aanmoedig, en jou droom met jou sal deel.
# Ek seën jou met 'n sagte hart, 'n hart vol liefde.
# Ek seën jou met God se wysheid in elke besluit van jou lewe.
# Ek seën jou met God se leiding, Sy guns en Sy genade oor jou.
# Ek seën jou talente, jou gawes en jou verhoudings.
# Ek seën jou finansies, jou besigheid en jou denke.
# Ek seën jou gees, jou siel en jou liggaam.
# Ek seën jou lewenstaak met vreugde, harmonie en liefde.
# Ek seën jou gesin, familie en jou drome.
# Ek seën jou om jou ware identiteit te vind in Christus.
# Ek seën jou met die wete dat jy 'n Vader het wat jou innig lief het, dat niks wat jy kan doen Hom liewer kan maak vir jou nie, ook nie minder nie.
# Ek seën jou om daagliks Sy voorsiening te beleef, Sy totale beskerming en Sy doel vir jou lewe.
# Ek seën jou met die wete dat niks in jou lewe, verlede of toekoms jou kan skei van die liefde van God nie.

"Die Here sal jou seën en jou behoed;
Die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
Die Here sal Sy aangesig oor
jou verhef en aan jou vrede gee"

Geseënd is jy, geliefde van God! Geseënde 2026!
Ontvang die seën in die Naam van Jesus Christus!

[Ek deel graag hierdie seënwense van Ella Goosen met almal wat hierdie blog besoek!]

Thursday, 17 April 2025

Dink hieroor: God seën elke aspek van my lewe ...

Ek seën jou met die vreugde van guns in God se oë en ook in die oë van ander.
Ek seën jou met mense wat om jou inskuif en jou hande oplig en 'n pad saam met jou begin stap.
Ek seën jou met goddelike vriendskappe, mense wat jou sal aanmoedig, en jou droom met jou sal deel.
Ek seën jou met 'n sagte hart, 'n hart vol liefde.
Ek seën jou met God se wysheid in elke besluit van jou lewe.
Ek seën jou met God se leiding, Sy guns en Sy genade oor jou.
Ek seën jou talente, jou gawes en jou verhoudings.
Ek seën jou finansies, jou besigheid en jou denke.
Ek seën jou gees, jou siel en jou liggaam.
Ek seën jou lewenstaak met vreugde, harmonie en liefde.
Ek seën jou gesin, familie en jou drome.
Ek seën jou om jou identiteit te vind in Christus.
Ek seën jou met die wete dat jy 'n Vader het wat jou innig lief het, dat niks wat jy kan doen Hom liewer kan maak vir jou nie, ook nie minder nie.
Ek seën jou om daagliks Sy voorsiening te beleef,
Sy totale beskerming en Sy doel vir jou lewe.
Ek seën jou met die wete dat niks in jou lewe, verlede of toekoms jou kan skei van die liefde van God nie.
Die Here sal jou seën en jou behoed;
Die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
die Here sal Sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Geseënd is jy, geliefde van God.
Ontvang die seën in die Naam van Jesus!
Wees veilig en tasbaar bewus van God se teenwoordigheid, liefde en seën vandag in jou lewe.

[Dankie, Anoniem, vir die aanstuur van die seënbede.]

Friday, 3 January 2025

CJ Langenhoven se wense is nog net so geldig ...

CJ Langenhoven het die nuwe jaar so mooi saam gevat:
“Ek wens vir jou  dwarsdeur die Nuwejaar,
'n opgeruimde humeur,
'n gesonde kleur,
krag om te beur,
niks om te betreur,
min om te verleer,
te veel om te verteer,
en al wat jou hart behoort te begeer.”
Mag al jul drome waar word en baie mooi herinneringe in 2025.

[Dankie Marguerite, vir hierdie goeie wense - waardeer!]

Friday, 18 October 2024

Matrieks, die laaste hekkie van julle skoolloopbaan

Liewe Matriek

Mag die genade en die liefde van die Here soos dou op jou en jou geliefdes kom lê.

Mag daar 'n mantel op jou skouers val wat 'n teken sal wees van God se ingrype, seën en voorsiening.

Ek seën jou met 'n seën wat sal vul waar dit leeg is, wat sal herstel waar gebrokenheid is, wat sal heel wat stukkend is, wat sal oorvloei waar daar tekort is.

Mag die Here vir jou gee die begeertes van jou hart.

Die Here seën jou!
Ja, die Here seën jou.

Sterkte met die matriekeksamen. 

Ons allerbeste wense vergesel julle op hierdie laaste skof van julle skoolloopbaan. Leer hard, slaap genoeg, vertrou en kyk voortdurend op na waar jou kalmte en hulp vandaan kom. 

Mag al julle drome waar word en mag julle toekomspaaie vol vreugde en vol van Jesus se genade wees.

Klik op die boekmerk vir 'n duideliker beeld.  

[Bron van verskeie boekmerke HIER. Besoek gerus die kreatiewe webwerf.]

Wednesday, 25 September 2024

Seënwense


Mag ons SKEPPER se liefde jou soos sonskyn omvou.
Mag Sy genade oor jou drup soos die môredou.
Mag Sy vreugde jou hart vul met 'n melodie.
Mag Sy kosbare bloed jou lewe omsirkel.
Mag God voor jou uitloop en al jou paaie gelyk maak.
Mag jy vandag 'n asemrowende dag beleef,
sodat hierdie dag al jou verwagtinge oortref.
Baie seën in Jesus Naam.

Wednesday, 18 September 2024

Seënwense

Mag jy vandag
in die skoonheid van God
se genade loop,
want Sy genade is
voor jou
agter jou
om jou
bo jou
en binne jou! 

Thursday, 1 August 2024

Seënwense

Mag die Here jou vandag seën met 'n blymoedige hart,
met dankbaarheid vir Sy goedheid en guns,
Sy voorsiening en sorg
Sy liefde en genade
wat oor die rand van jou lewensbeker stort!  

[Dankie, Rosetta!]

Monday, 11 September 2023

'n Dankiepakkie vir die feesseisoen



Is daar iemand wat saam met jou werk, wat finansieel sukkel? Of iemand in jou gemeente wat sy of haar werk verloor het? Is daar 'n kind in jou kind se klas wat honger skool toe kom? 

Sit stil. Raak stil en kyk om jou rond. Ons kan nie almal help nie, maar ons kan een dankiepakkie opmaak.

Wat is 'n dankiepakkie? Dis 'n pakkie waarin ek goedjies sit om 'n glimlag op iemand se gesig te sit wat dit nie breed het nie. Wat sit ek daarin? Enige iets bruikbaar, 'n soet bederfie, 'n lekkerruikbederfie en noodsaaklikhede. Dink aan die dinge waarsonder jy in jou eie huishouding nie kan klaarkom nie. Dit sal jou help om die werklike nood aan te spreek.

En as jy en jou kind(ers) dalk regtig kreatief wil wees en ook die gees van die mense wat swaarkry ’n bietjie wil lig: Sit ’n maklike resep in van iets wat op ’n oop vuur of gasstofie gaargemaak kan word. (Maak net seker dat die bestanddele daarvan in die dankiepakkie is). 

Moedig jou kind(ers) aan om 'n briefie te skryf, 'n kaartjie te maak, inkleurprente en kryte in te sit as daar nog klein kindertjies in daardie gesin is, lekkergoedpakkies, of ’n klaar geleesde boek/tydskrif.

Mag hierdie paar gedagtes jou help om nuut te dink oor die dankiepakkie wat ons in hierdie feesseisoen vir iemand wil pak. 

Terwyl jy vreugde gee aan ander, mag jy ook vreugde en vrede in die feesseisoen beleef. 

Jy kan die pakkie by 'n kerkkantoor, skoolkantoor afgee of anoniem stuur. Daar is genoeg mense wat jou met jou dankiepakkie sal wil help en op hierdie manier steek jy die draer van goeie nuus aan om self 'n dankiepakkie te pak. 

['n Hartlike dankie aan een van die Pretoria-lesers wat hierdie voorstel gestuur het. Vreugde.]

Wednesday, 5 May 2021

Mag jy vandag seën ontvang ...

Ek seën jou met die vreugde van guns in God se oë en ook in die oë van ander.

Ek seën jou met mense wat om jou inskuif en jou hande oplig en 'n pad saam met jou begin stap.

Ek seën jou met goddelike vriendskappe, mense wat jou sal aanmoedig, en jou droom met jou sal deel.

Ek seën jou met 'n sagte hart, 'n hart vol liefde.

Ek seën jou met God se wysheid in elke besluit van jou lewe.

Ek seën jou met God se leiding, Sy guns en Sy genade oor jou.

Ek seën jou talente, jou gawes en jou verhoudings.

Ek seën jou finansies, jou besigheid en jou denke.

Ek seën jou gees, jou siel en jou liggaam.

Ek seën jou lewenstaak met vreugde, harmonie en liefde.

Ek seën jou gesin, familie en jou drome.

Ek seën jou om jou ware identiteit te vind in Christus.

Ek seën jou met die wete dat jy 'n Vader het wat jou innig lief het, dat niks wat jy kan doen Hom liewer kan maak vir jou nie, ook nie minder nie.

Ek seën jou om daagliks Sy voorsiening te beleef, Sy totale beskerming en Sy doel vir jou lewe.

Ek seën jou met die wete dat niks in jou lewe, verlede of toekoms jou kan skei van die liefde van God nie.

"Die Here sal jou seën en jou behoed;
Die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
Die Here sal Sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee"
Geseënd is jy, geliefde van God!
Ontvang die seën in die Naam van Jesus Christus!
Amen!!

[Geleen]

Wednesday, 16 September 2020

Seënwense uit Bloemfontein ...

Mag die reëndruppels
sagkens op jou val.
Mag die ligte wind
jou siel verkwik.
Mag die sonskyn
jou hart ophelder
Mag die dag se
laste lig wees.
Mag God jou omvou
in die mantel van 
Sy Liefde!

[Dankie, Marí Smit, vir die seënwense wat jy met ons deel.]

Thursday, 12 December 2019

Friday, 29 July 2016

Saturday, 28 May 2016