Wednesday 25 September 2024

Seënwense


Mag ons SKEPPER se liefde jou soos sonskyn omvou.
Mag Sy genade oor jou drup soos die môredou.
Mag Sy vreugde jou hart vul met 'n melodie.
Mag Sy kosbare bloed jou lewe omsirkel.
Mag God voor jou uitloop en al jou paaie gelyk maak.
Mag jy vandag 'n asemrowende dag beleef,
sodat hierdie dag al jou verwagtinge oortref.
Baie seën in Jesus Naam.