Sunday 15 September 2024

Mossiestilte: Jes. 37:19

en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip - daarom kon hulle dié vernietig. 

Die mens het baie krag teenoor die wat aardse gode het, maar die dag as jy God se kind aanvat moet jy weet, jy vat nou te veel. God se kinders is gereinig en geheilig vir sy doel. God laat sy kinders met oorwinning teenoor die vyand wegstap, sodat Hy verheerlik kan word bo hulle aardse gode. Vandag wil God jou geveg vir jou veg en Hy stuur sy engel om jou vyand neer te werp en uit te wis en jou die oorwinning te gee.

Dankie my Vader, en my Here, vir u genade om gered te word te midde van die stryd. My God is die Almagtige en is die oorwinnaar van my vyand. U red my met u heilige Naam.  Ek is dus meer as oorwinnaar deur Christus wat my die krag gee, geen aardse gode kan my aanraak nie. Prys u Heilige en grote Naam. U is die Alleenwyse God, hoog en verhewe is U. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]