Tuesday 3 September 2024

Dink hieroor: Het jy 'n adres in die Bybel?

Het jy 'n adres in die Bybel?
As die dag lank was en jou gô is uit, ry ons mos huis toe.
Daar waar jy net jouself kan wees
en alles om jou jou herinner presies wie jy is.
Net so moet ek en jy ook 'n adres in die Bybel hê.
As die lewe druk of jy net aan God se soom moet vashou,
dan het jy jóu adres in die Bybel.
Daardie een vers wat vir jou voel soos jou geestelike huis.
Ek deel met julle my adres in die Bybel.
Wat is joune?
Sit aan die ketel - Amptelike Blad -
www.sitaandieketel.co.za
#kykmooinajouself