Sunday 1 September 2024

Mossiestilte: Psalm 3:9

Die heil behoort aan die Here; laat u seën wees oor u volk.

Die Here wil jou seën vandag, omdat jy volgens sy beloftes deel van sy volk geword het. Jesus het aan die Jode gesê dat Hy nog ander skape het, en hulle sal almal een wees saam met sy volk. Daarom mag jy in Jesus Naam ook deel in die seën van God oor jou en jou gesin. Vertrou die Here vir herstel en genesing waar jy dit nodig het.

Here my God, U roep ek aan in geloof vanoggend en ek weet U verhoor my vanaf u heilige berg. U is my skild en die horing van my heil. U beskut my en is die een wat my hoof ophef. Vanoggend begin ek in u Naam en weet dat U my vrede en vreugde is in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]