Friday 20 September 2024

Hoe sê 'n mens dankie ...

* vir dit wat mens het?
* vir soveel liefde?
* 'n huisie?
* 'n bed?

Heer, ek het nie veel nie ...
Maar dit weet U klaar!
Die bietjie wat ek het ...
Is vir my so kosbaar!

Heer, ek tel elke dag my seëninge ...
Een vir een!
Want ek weet ...
Wat ek het, is net vir my geleen!

Heer, soms kan my lewenstorms ook maar woes slaan ...
Maar steeds laat U my huisie vasstaan!

Heer, U beskerm my en ...
my familie al ons hele lewe lank!
En soms weet mens nie ...
Hoe om U te bedank nie!

Heer, my geld is min ...
My huis is klein ...
Maar dit is so asof daar meer ...
Sonlig in my huis skyn!

Heer, ek kyk vas in glimlaggies ...
En kry drukkies elke dag!
My God ...
Ek kan dit weer teruggee!
Want U is my krag!

Heer, soms laat die lewe my ook ...
Opdraende loop!
Ek het geleer waar daar lewe is ...
Is daar hoop!

Heer, ek het leer swem toe ...
Die lewensbranders op hul woeste geslaan het!
Toe ek struikel en afdwaal ...
Was U die een wat verstaan het!

Heer, U het hartseer ...
Pyn en ook soms ...
Twyfel op my pad gebring!
U het weer 'n melodie in my lewe gegee toe ...
My hart nie meer die lied van die lewe wou sing nie!
U het soveel keer my uit die donker dieptes van die lewe kom haal ...
Juis wanneer ek dink als het my gefaal!

Heer, U het my totaal verstom ...
Toe ek heel by die wenpaal anderkant uitkom!
Daarom buig ek vandag my kniëe in gebed en sê:
Dankie, Heer ...
Vir dit wat ek het!

[Dankie, Anoniem]