Thursday 26 September 2024

Boustene van geluk

Bou jou drome van hoop
met stene van geluk 
en 'n dak van volhard
met 'n deur van geloof
en kamers van vergifnis.

Geloof, hoop
en gehoorsaamheid
is die boustene van ware geluk
en voeg daarby 
'n graaf vol dankbaarheid 

Laat God jou lei
en jou bevry
van alle kwellings
op jou pad
 
Bou nou jou droom
op Sy wil
en jy sal vrede vind
vir jou siel. 

Drome is hoop. 
Drome is glo. 
Drome is aanhou
tot die end
waar Hy vir jou wag
om jou te seën! 

[PS Blignaut - Augustus 2014]