Joe Frederics, die man met die groen vingers, is soveel jare deel van Dutoitspan se personeel, dat hy al op die kerk se inventaris is.
Friday, 4 July 2025
Ontmoet ons personeel: Joe Frederics
Joe Frederics, die man met die groen vingers, is soveel jare deel van Dutoitspan se personeel, dat hy al op die kerk se inventaris is.
Friday, 21 March 2025
Ontmoet ons personeel: Maans van Wyk
Friday, 6 December 2024
Ontmoet ons personeel: Anna van Wyk
Anna van Wyk, lidmaat van die gemeente vir meer as 20 jaar, is die afgelope 7 jaar Dutoitspan se koster.
Vraag: Lees jy graag en wat is jou gunsteling genre?
Anna: Ek hou van romanse - die ou mense het altyd van liefdesverhale gepraat. Daar is só baie moeilikheid en swaarkry in die lewe, dat hierdie genre 'n teenvoeter bied teen die swaar waarvan ons elke dag in die koerante lees en oor die TV hoor. Met elke storie word die leser bederf met hoop en verwagting. 'n Mens lees die boek met die verwagting en die hoop dat alle probleme wat die karakters beleef, oorkom en opgelos sal word. Anders as in die regte lewe waar probleme so dikwels tot mense se ondergang lei.
Vraag: Watter tipe musiek roer jou hartsnare?
Friday, 15 November 2024
Ontmoet ons personeel: Ds. Ensie Enslin
Ds. Ensie Enslin ken die hartklop van die inwoners van die Noord-Kaap. Daarom praat hy sommer padlangs en hartlangs met die inwoners as dit by die verkondiging van die Evangelie kom.
Sy Dutoitspan-reis het op 18 Februarie 2017 begin,
toe die kerkraad ‘n 5-jaarkontrak met hom gesluit het tot 25 September 2022.
Daarna het hulle ‘n verdere 3-jaarkontrak met hom aangegaan, vanaf 1 Oktober
2022 tot 30 September 2025.
Ds. Ensie, ‘n bekende Kimberliet, het diep spore in die bediening getrap. Sy lewensmotto kom uit die Bybel en wel uit Ps. 119:175, Hand. 17:11 & Efes. 5:16.
Ensie: “Ek probeer elke oomblik afhanklik van God te lewe tot Sy eer uit dankbaarheid, omdat Hy my van die geestelike ashoop van my lewe af opgetel het en tot vandag toe op Sy Vaderskoot styf vashou! Soli Deo Gloria!!! (Ps. 115:1)”
Sy betrokkenheid strek veel verder as net die grense van die gemeente. Om met passie sy roeping uit te leef, noop Ensie om verder uit te reik. Daar is baie geleenthede wat die Here oor ‘n mens se pad bring om die evangelie met ander te deel – ‘n mens moet dit net gebruik.
Ensie: “Buiten my gemeentelike verantwoordelikhede, doen ek die PLAN se kerkleierskapsopleiding (die hele suidelike Afrika), ek is betrokke by die "One Body Fraternal" van verskillende denominasies in Kimberley (jaarliks: Kersfees by die kerslig, Heilige Week en Pinkster en vanjaar was ek ook betrokke by "Closer to God" Konferensie & CfaN (Christ for all Nations) se "Fire Camp" te Kimberley (14-19 Oktober 2024) en ook 'n "Crusade" uitreik (21-26 Oktober) by skole, strate, voorstede, en AR ABASS-rugbystadium (Galeshewe en omgewing). Die weeklikse voedselverspreiding aan straat-werksoekers, die winterprojek waar komberse, serpe, mussies, handskoene en slaapsokkies (wat die senior burger-dames vanaf September tot April/Mei jaarliks brei en hekel), uitgedeel word.”
Tyd is gewoonlik ‘n faktor by besige mense en daarom moet hulle doelbewus tyd maak vir ander belangstellings. Wat is julle gesin se belangstellings?
Ensie: “Ons gesin is avonturiers en ‘explorers’
en geniet uitstappies, ons land se besienwaardighede, geskiedenis en klein
dorpies. My groot belangstelling is die Bybel.”
Die kos wat ds. Ensie se hart ‘n bietjie vinniger laat klop, is ‘n afvalpotjie – dis eevoudig, maar dis hartskos. ‘n Gunsteling in baie mense se grootwordhuise en saam met die potjie, proe ‘n mens sommer die heerlike herinneringe wat in die smake van só ‘n potjie opgesluit lê.
Ds., jou lewensreis is geseënd, alhoewel jy ook hobbels, opdraandes en afdraandes op jou lewenspad ervaar het. Wat sal jou raad aan ander wees oor werk, huweliks- en gesinslewe?
Ensie: “Vir my is daar drie steunpilare - FAT: Faith (geloof), Adaptability (aanpasbaarheid) en Teachability (leerbaarheid). Geloof in Hom wat ons bymekaargebring het en geloof in mekaar. Wees aanpasbaar in alle omstandighede, deur nie te kla of kerm wanneer omstandighede nie na wense is nie - maak die beste gebruik van elke geleentheid. Niemand van ons is altyd reg nie. Wees bereid om te leer. Ons weet ons het nie al die antwoorde nie, daarom leer ons voortdurend by ander (ook by ons kinders en mekaar.)”
Gelowiges se geloof in God word sigbaar wanneer hulle liefde in die wêreld rondom hulle uitleef. So dikwels is gelowiges die enigste Bybel wat die wêreldling gaan lees.
Klik HIER om meer van die herderspaar te lees.Friday, 2 August 2024
Ontmoet ons personeel: Elsa Minne
Elsa Minne is 'n Dutoitspanner in murg en been. Iemand wat meer as 50 jaar deel van die gemeente is, baie predikante sien kom en gaan het en die gemeente in al die stadiums van menswees ervaar het. Van 'n kind in die Sondagskool en Kinderkrans tot by saakgelastigde.
Sy was aktief betrokke by verskeie diensgroepe van die gemeente onder andere die jeug (Kinderkransleidster), Vrouediens (groepleidster) en die kategese. Wanneer daar 'n helpende hand benodig is, hoef hulle nie ver te gesoek het nie. Betrokkenheid was en is deel van haar woordeskat. By Ons Huis, die tehuis vir bejaardes, het sy die winkel op wiele beman totdat haar man siek geword het. Sy is vir die laaste ses jaar Ons Huis se ouderling.
Elsa: "Ek word aangestel as koster van 1 November 2007 tot en met die einde Desember 2017. Dit was seker die beste 10 jaar in my lewe waar ek saam met die mooiste kinders van die Here kon werk. Dit was ’n groeitydperk in my lewe - geestelik sowel as my menswees. Oom Schalk Pienaar, my rolmodel, was die een wat my staande gehou het in my werk."
Elsa neem as skriba waar tot 28 Februarie 2018, waarna sy op 1 Maart 2018 as skriba aangestel is. Die besluit om die skribapos te aanvaar, was nie 'n maklike besluit nie. Die belangrikste rede was dat sy haar kosterwerk baie geniet het en die gedagte dat sy dit vir die vier mure van 'n kantoor moes verruil, was nie só aanvaarbaar nie. Sy het baie gebid en gehuil oor die pos tot die dag wat die Here vir haar gewys het dat sy dit kan doen. Van daardie oomblik af het sy nog nie een dag teruggekyk en gewonder hoekom sy hier is nie. Elke dag bring nuwe uitdagings wat aangepak moet word.
Hierdie werk het nou vir haar 'n passie geword wat sy vir niks sal wil verruil nie. Sy kom elke dag met ‘n lied in haar hart werk toe. Hierdie gesindheid kan duidelik in haar lewensmotto's gesien word.
Elsa glo dat dit wat jy aanpak, moet jy voluit doen en klaarmaak. Almal wat al 'n e-pos van haar gekry het, weet dat haar uitgangspunt is dat wat jy met geesdrif doen, doen jy sonder moeite!
Elsa is ook 'n ywerige leser, Christelike fiksie is bo-aan haar lysie en haar gunstelingskrywer is Karin Kingsbury.
Hartskos is kos wat 'n mens met 'n tikkie heimwee huis toe laat verlang en die kos wat aan Elsa se hart torring is rys en heerlike kerrie-afval.
In 'n neutedop is hierdie die mens wat Dutoitspan se kerkkantoor beman.









