Showing posts with label Doelwit. Show all posts
Showing posts with label Doelwit. Show all posts

Thursday, 26 March 2026

Dink hieroor: Hoekom moet ek doelwitte in die lewe hê?

Doelwitte help om jou te fokus op areas in beide jou persoonlike en professionele lewe wat belangrik en betekenisvol is, eerder as om gelei te word deur wat ander mense wil hê jy moet wees, doen of bereik.  
[Catherine Pulsifer]

Thursday, 6 November 2025

Dink hieroor: Een pad na sukses

Ons doelwitte kan slegs bereik word deur 'n voertuig van 'n plan, waarin ons vurig moet glo, en waarvolgens ons kragtig moet optree. Daar is geen ander pad na sukses nie.” 

[Stephen A. Brennan]

Thursday, 7 November 2024

Dis nou jou tyd - gebruik dit!!

Gister was ‘n goeie begin. Vandag kan jy selfs beter doen!

Wat jy tot op hierdie punt gedoen het, is indrukwekkend. Wat jy nou kan doen, is fenominaal.

Jy het baie moeite, aandag, tyd en opoffering ingesit om te kan wees wie jy is. Nou is die tyd om al daardie waardes saam te snoer en die beste jy te word wat jy kan wees.

Voel die sukses en absolute positiwiteit van al die doelwitte wat jy al bereik het. Jy is hier om ‘n verskil te maak, en wanneer jy dit doen sal jy sonder twyfel weet dat jy op pad is na jou Godgegewe doel.

Die warm son skyn, die koue wind waai, en die lewe offer jou nuwe vreugde en uitdagings met elke dagbreek. Deur dit alles, maak nie saak wat nie, kan jy jou eie unieke waarde in antwoord op die lewe se uitdagings bied.

Leer uit jou teleurstellings, en bou op jou suksesse. Dit is JOU tyd om jou doelwitte en drome te bereik.

[Aangestuur deur Liz.]