Showing posts with label Boom. Show all posts
Showing posts with label Boom. Show all posts

Friday, 5 April 2024

Terugblik: Die gebed van 'n boom


Wanneer u by my verbystap
Sonder om my raak te sien
of dalk my takkies ongemerk te kneus
Wag 'n bietjie en staan eers stil.

Dis ek wat in koue winternagte
jou haard verwarm
Dis my vriendelike koeltes
wat jou teen die snikhete sonstrale laaf.
Dis my sappige vrugte wat jou op jou reis
verkwik en jou dors les.

Ek is die balke wat jou dak oor jou hoof vashou
Ek is die blad van jou tafel en die bed waarop jy rus
Ek is die hout van jou boot
en die handvatsel van jou gereedskap
Uit my kom die brood wat voed
en die blom vol kleur en geur.

Ek is die deur van jou woning
die hout van jou wiegie
en die kis van jou graf.

Uit my is eenmaal balke gekap
Waarmee 'n kruis gemaak is
Ek was die hout van Gods altaar vir sy seun
die hout wat 'n brug geword het.

Uit my stamme gebreek en fyngemaal deur die meule
Kom papier, ook die van Die Boek van God
oor my staan die Boodskap
van hoop en lewe geskrywe
My blare is tot genesing van die Nasies
Open. 22:2

Ek vra u daarom
Moet my nie beskadig of vergeet nie.
Kniel liewer by my en dank God vir my.

[Uit: Dorstfontein: Dutoitspan-gemeentemaandblad - April 1984]    

Tuesday, 5 April 2022

A TREE IS A SEED THAT TOOK A STAND.


Op 'n dag hou ek bo-op 'n berg stil in een van die plantasies by Tzaneen. Ek staan en kyk oor die omgewing (die Laeveld) en is seker ek kan tot by Phalaborwa sien. Ek hoor 'n voertuig  aankom en dit ry tot by my. 'n Voertuig van Merensky Bosbou. Die vuurtoring het rapporteer dat hulle 'n voertuig sien stilhou het in die plantasie. EK. Die bosbouer het kom kyk wat aangaan. 

Ons kyk saam na die omgewing.  Pragtig. 
Hannes, die bestuurder, vra my toe "WAT IS 'N BOOM"?
'n Boom? Wat 'n vraag. Ek dink 'n bietjie en besef hy wil vir my iets sê. En ek vra hy moet my vertel ...

A TREE IS A SEED THAT TOOK A STAND. 

Daar gaan klomp sade tot niet. 
Party lê en het op klip geval - ontkiem maar verdroog. 
Ander versuip. 
Ander lê bo-op die grond, ontkiem maar verdroog . 
Ander groei maar brand dood. 
Klomp redes waarom dit nie tot volwassenheid ontwikkel nie.  
Maar, teen die tyd wat dit boom geword het is dit 'n boom met 'getuienisse'. 'n Saad wat 'n klomp aanslae oorleef het.

My vriend/vriendin, as jy "boom" geword het, 50 verby, dan het ek baie respek vir jou. Dan beteken dit - "A tree that took a stand". 
Maar, dan vertel dit ook van genade en dat jy gespaar is sodat jy koelte kan gee, takke het waarop voëls kan sit en nesmaak, vrugte kan dra vir almal wat daarvan kan eet, hout het wat gebruik kan word, en 'n karakter het wat eie is aan jou. Pragtig gevorm en uniek. 
Jy was gevorm om 'n doel te dien. 

Jy is 'n uitverkose saad wat boom geword het. Jy het vrug, koelte, ens. vir ander. Ek dank God dat ek vanoggend vir jou kan sê dat jy spesiaal gespaar was tot nou. 

Vader, ek bid vanoggend vir elke "boom wat staan". Dat U vanoggend vir elkeen sy of haar waarde sal wys en dat hulle ook dit sal uitleef.

Dankie Vader dat ons tot hier gevorder het. Dat ons vrug het vir ander om te eet. 

Ons loof U groot en Heilige Naam.

[Dankie, ds. Brahm Reyneke, dat jy hierdie met ons deel.]

Saturday, 7 November 2020

Lewensles

Hierdie boom staan steeds regop nadat die wind, weer, water en storms die sand onder hom weggekalwe het ... omdat sy wortels diep in die grond as fondasie vasgeanker is ... 


Wat is die fondasie waarop jou lewe gebou is? Hoe diep en stewig is jou geloofswortels in God, Sy Woord, Liefde en trou, vasgeanker? Sal jy kan staande bly ondanks die lewenstorms wat op pad is?... 

Maak nou seker ... Maak nou reg!...