Ons kyk so 'n paar jaar terug na van Dutoitspan se aktiwiteite. Die Tabita-damesgroep het 'n besondere resepteboek in 2015 in verskillende kleure die lig laat sien. Met die liplekkerresepte was dit nie lank nie, of elke boek het 'n eienaar gehad.
Hier is so 'n resep of twee - net om die gedagtes weer aan die gang te sit, jou boek uit die boekrak te loop haal en sommer 'n resep of twee uit te toets.
Geniet dit!
Showing posts with label Resepte. Show all posts

Monday, 25 February 2019
Thursday, 3 May 2018
'n Lekker piesangbroodresep vir die basaar
![]() |
| Katelyn Marais is hier aan roer van sake. |
BESTANDDELE:
1. 125ml (halwe koppie) botter of margarien
2. 250ml (1 koppie) suiker
3. 5ml (1 teelepel) vanieljegeursel
4. 2 of 3 eiers
5. 500ml (2 koppies) koekmeelblom
6. 10ml (2 teelepels) bakpoeier
7. 2,5ml (halwe teelepel) sout
8. 4 tot 6 ryp piesangs
METODE:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C
2. Klop die botter en suiker tot romerig
3. Voeg die vanieljegeursel by en meng goed
4. Klits die eiers een-vir-een by
5. Sif die droë bestandele saam in 'n aparte bak en voeg by
die eiermengsel en meng goed
6. Meng die fyngemaakte piesang by die beslag
7. Gooi in 'n gesmeerde broodpannetjie
8. Bak vir 1 uur teen 180 °C
Wednesday, 25 April 2018
Gemeentestaaltjies: Die man wat nie verby die poedingtafel geloop het nie...
Dominee JH Siebert was baie lief vir basaarpoeding... en ook vir roomys.☺ Die eerste tafel wat hy ondersteun het nadat hy die basaar geopen het, was die poedingtafel. Basaarpoeding smaak mos baie anders as huispoeding... En basaarvla oor die poeding smaak ook anders... (of dalk lê die smaak in die samesyn?)
En so tussendeur as hy verby die poedingtafel loop, is dit net asof die poedings met hom praat en kort voor lank, het hy nog 'n bakkie poeding gekoop. Die baktannies in die gemeente is gewoonlik verdeel tussen die poedingtafel, die kleinkoekietafel en die grootkoektafel.
En dan was daar tannie Alers... Sy het oor die jare honderde bakke "trifles" (koekstruif val nie so lekker op die oor nie) vir die basaar gemaak. Haar trifles was legendaries en party Kimberliete het net vinnig 'n bak trifle by die basaar kom koop. Hierdie trifles het nooit op die poedingtafel gestaan nie, maar altyd op 'n tafel agter teen die muur... almal klaar verkoop. As jy nie voor die tyd jou naam op die lys gesit het nie, moes jy maar tot volgende jaar wag vir 'n saampraat-trifle-ervaring.
Tannie Alers het vreeslik moeite gedoen en die een trifle het soos die ander een gelyk - kunswerke. Bo-op die laaste laag room, het sy dit versier met 'n "stillewe" van jellieblommetjies en -blaartjies wat sy baie noukeurig in vorms gestol het... rooi en groen (amper soos die blommetjies wat 'n mens op vrugtekoeke kry) en dan so 'n laaste vurkpatroon in die room - net asof sy 'n lyn onder hierdie kunswerk trek! Sy het altyd die trifles in oranje en blou plastiese bakke gemaak (al wat in die jare 60's en 70's beskikbaar was. Ek gebruik vandag nog die skottels om my groente in af te spoel!)
En nooit in al die jare was was haar trifles deel van die inhoud van die klein poedingbakkies nie! Dit is opgeraap, lank voordat dit daar kon kom. Ek het so bietjie navraag gedoen en ek plaas so twee of drie van die gewildste basaarpoedingresepte van daardie jare!!!
Pienk basaarpoeding AARBEIGEUR
1 pakkie aarbei-jellie
1 koppie kookwater
1 koppie Ideal-melk
Metode:
Los die jellie op in die kookwater.
Klits die Ideal-melk styf en voeg dan die afgekoelde jelly-mengsel by
Klits goed deur en plaas in die yskas om te stol
Variasie: Gebruik 'n blikkie kondensmelk i.p.v. ideal-melk.
Skuimjellie vir die basaar
1 pakkie jelliepoeier
250 ml kookwater
250 ml ysblokkies
Metode:
1. Los die jelliepoeier in die kookwater op en laat vir 15 minute staan sodat dit 'n bietjie kan afkoel.
2. Plaas die ysblokkies een vir een in die jellie en klits vinnig tot al die blokkies gesmelt is.
3. Daar sal nou 'n skuimlaag op die jellie wees.
4. Plaas skuimjellie onmiddellik in die yskas om te stol.
Metode:
☺Dis 'n storie vir 'n ander dag!

Kleurvolle jellie vir die basaar
1 pakkie groen jellie
1 pakkie geel/oranje jellie
1 pakkie rooi jellie, aangemaak volgens aanwysings op die pakkie en gestol in die
yskas.
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
Sny die jellie in blokkies en skep deurmekaar in ‘n mooi
glasbak. Meng die kondensmelk en suurlemoensap tot dik…
Gooi oor die
jellie.
☺Dis 'n storie vir 'n ander dag!
Sunday, 14 January 2018
Gemeentestaaltjie: Die basaar se vleistafel...
Frank Orton was 'n aktiewe gemeentelid en hy en sy vrou, Mary, het skouer aan skouer in die gemeente gewerk. Hy was o.a. hoofdiaken en ook 'n raakvatter as dit by vleiswerk kom. Voor elke basaar het hy en sy vrou saam met die ander getroue "vleiswerkers" aand na aand in die kombuis van die saal gestaan en vleis bewerk. Braaitjoppies, sosaties en wors is vroeë jare deur gemeentelede gemaak. Beeste, skape of varke is vir die kerk geskenk. Dit is reeds vroeg in die jaar op die basaarlys geplaas wat die diakens deur hulle wyke neem. So heel vroeg al kon die kerkraad sien watter "tafels" kreun onder die bydraes en watter vra om daadwerklike hulp!!
Teen die tyd dat dit basaardag is, het die vleiswerkers 'n hele klomp ure agter die blad, maar ook heerlik gekuier in dié kombuis - staaltjies van en grappies oor slag, hoe dinge in die "ou dae" gedoen is, is vertel en resepte en rate is opgediep, afgestof en uitgeruil.
Die "vleiswerkers" was ook sommer die braaiers en met die basaar is daardie vure sommer baie baie vroeg aangesteek, sodat daar reeds braaivleis beskikbaar was na die amptelike opening van die basaar.
Dutoitspan was bekend vir sy heerlike vleistafel (spesiale sosatiesous- en worsresepte was deel van die geheim) en Kimberliete het 'n vinnige draai by die basaar kom maak, net vir die vleis...
Daardie jare het elke gemeente sy basaardatum so gekies dat dit nie bots met ander kerke se basare nie - deesdae is dit nie meer moontlik nie... Kimberley het uitgebrei en vleis word nie meer deesdae op dieselfde manier voorberei nie!!

Subscribe to:
Posts (Atom)