Monday 30 April 2018

Sunday 29 April 2018

Saturday 28 April 2018

Friday 27 April 2018

Thursday 26 April 2018

Basaar: Idees vir die lekkergoedtafel...

Katelyn Marais saam met haar juweel-juffrou,
Christine Pretorius!
Met die basaar op hande, is dit nodig dat ons gaan kers opsteek by "kenners" - die eintlike klante van hierdie vrolike tafel. Katelyn Marais, 'n bekkige 4-jarige deel haar lekkergoedidees met ons. En uit "ondervinding" weet sy dat dit werk... Sy het dit immers eerstehands ondervind tydens hulle entrepreneursdag by die skool. Kliek hier vir nog idees!

There is something good...


Manipulative people...


Wednesday 25 April 2018

Gemeentestaaltjies: Die man wat nie verby die poedingtafel geloop het nie...

Dominee JH Siebert was baie lief vir basaarpoeding... en ook vir roomys.☺ Die eerste tafel wat hy ondersteun het nadat hy die basaar geopen het, was die poedingtafel. Basaarpoeding smaak mos baie anders as huispoeding... En basaarvla oor die poeding smaak ook anders... (of dalk lê die smaak in die samesyn?)

En so tussendeur as hy verby die poedingtafel loop, is dit net asof die poedings met hom praat en kort voor lank, het hy nog 'n bakkie poeding gekoop. Die baktannies in die gemeente is gewoonlik verdeel tussen die poedingtafel, die kleinkoekietafel en die grootkoektafel.

En dan was daar tannie Alers... Sy het oor die jare honderde bakke "trifles" (koekstruif val nie so lekker op die oor nie) vir die basaar gemaak. Haar trifles was legendaries en party Kimberliete het net vinnig 'n bak trifle by die basaar kom koop. Hierdie trifles het nooit op die poedingtafel gestaan nie, maar altyd op 'n tafel agter teen die muur... almal klaar verkoop. As jy nie voor die tyd jou naam op die lys gesit het nie, moes jy maar tot volgende jaar wag vir 'n saampraat-trifle-ervaring.

Tannie Alers het vreeslik moeite gedoen en die een trifle het soos die ander een gelyk - kunswerke. Bo-op die laaste laag room, het sy dit versier met 'n "stillewe"  van jellieblommetjies en -blaartjies wat sy baie noukeurig in vorms gestol het... rooi en groen (amper soos die blommetjies wat 'n mens op vrugtekoeke kry) en dan so 'n laaste vurkpatroon in die room - net asof sy 'n lyn onder hierdie kunswerk trek! Sy het altyd die trifles in oranje en blou plastiese bakke gemaak (al wat in die jare 60's en 70's beskikbaar was. Ek gebruik vandag nog die skottels om my groente in af te spoel!)

En nooit in al die jare was was haar trifles deel van die inhoud van die klein poedingbakkies nie! Dit is opgeraap, lank voordat dit daar kon kom. Ek het so bietjie navraag gedoen en ek plaas so twee of drie van die gewildste basaarpoedingresepte van daardie jare!!!    

Pienk basaarpoeding AARBEIGEUR
1 pakkie aarbei-jellie
1 koppie kookwater
1 koppie Ideal-melk
Metode:
Los die jellie op in die kookwater.
Klits die Ideal-melk styf en voeg dan die afgekoelde jelly-mengsel by
Klits goed deur en plaas in die yskas om te stol
Variasie: Gebruik 'n blikkie kondensmelk i.p.v. ideal-melk.

Skuimjellie vir die basaar
1 pakkie jelliepoeier
250 ml kookwater
250 ml ysblokkies
Metode:
1. Los die jelliepoeier in die kookwater op en laat vir 15 minute staan sodat dit 'n bietjie kan afkoel.
2. Plaas die ysblokkies een vir een in die jellie en klits vinnig tot al die blokkies gesmelt is.
3. Daar sal nou 'n skuimlaag op die jellie wees.
4. Plaas skuimjellie onmiddellik in die yskas om te stol. 

Kleurvolle jellie vir die basaar
1 pakkie groen jellie
1 pakkie geel/oranje jellie
1 pakkie rooi jellie, aangemaak volgens aanwysings op die pakkie en gestol in die yskas.
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
Metode: 
Sny die jellie in blokkies en skep deurmekaar in ‘n mooi glasbak. Meng die kondensmelk en suurlemoensap tot dik… 
Gooi oor die jellie.   

☺Dis 'n storie vir 'n ander dag!

Tuesday 24 April 2018

Monday 23 April 2018

Sunday 22 April 2018

Inspirasie: Daar is mense wat 'n verskil maak...

MOKOPANE – Steyn (29) ‘n ware inspirasie vir vele

Hoeveel mense sien kans om 1 000 km met ‘n prostetiese been en ‘n sleepwaentjie van ongeveer 130 kg aan te pak? Slegs die 29-jarige Paul Steyn.

Steyn is die stigter van die Paul Steyn Stigting wat al meer as tien mense in nood gehelp het met die befondsing van prosteses. Hy het al talle projekte en duisende kilometers aangedurf om fondse vir dié doel in te samel en so ook blootstelling te skep.

Steyn het in Augustus sy 7 000 km staptog in die Kaap afgeskop en vandaar het hy al menigte provinsies besoek, waarvan hy verlede Donderdag die leerders van Hoërskool Piet Potgieter se aandag behoorlik geboei het. Hy het al 4 050 km afgelê en beoog om op 22 Oktober die staptog weer in die Kaap te eindig.

Op die jong ouderdom van 13 het Steyn op 7 Februarie 2000 ‘n dag voor die interskole, sy been in ‘n fratsongeluk verloor. “Ek was vir ses maande in die hospitaal waar ek by die dood omgedraai het en daarna is ek weens omstandighede kinderhuis toe gestuur.

Eers drie jaar na die ongeluk het ek my eerste prostese gekry en daar het God dit op my hart gedruk dat ek ander behoeftige mense wat in ‘n soortgelyke situasies is moet help,” vertel Steyn.

Hy vertel God lei hom elke dag en dat hy al ongelooflike mense op sy reis ontmoet het. Steyn sê: “Moet nooit tou opgooi nie, oorwin jou onsekerhede en weet dat saam met God alles moontlik is.”

Hy het nog groot planne vir die toekoms en sê ‘n boek of ‘n film is moontlik in die pyplyn. Indien die gemeenskap ‘n bydrae tot die ongelooflike projek wil maak, kan hul die woord ‘Walk’ teen R10 na 38021 SMS.

Steyn nooi die gemeenskap uit om sy webtuiste www.paulsteynfoundation.org.za te besoek en só op hoogte van al sy avonture te bly.

(Uit: Mokopane/Bosveld Review)

Siekebesoek...

Indien u behoefte het aan huis-, hospitaal- of siekebesoek, moet u asseblief direk vir ds. Enslin kontak by
079522 9680

Life is all about how we look at it...


Saturday 21 April 2018

Basaar op hande...

'n Basaar vir oud en jonk! Sien jou daar!!

Friday 20 April 2018

Thursday 19 April 2018

Wednesday 18 April 2018

Tuesday 17 April 2018

Monday 16 April 2018

Watter diens, Dominee?

Eendag merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na ' n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk.

Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante.

Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie en sê saggies: "Goeiemôre, my Seun."

"Môre, Dominee," sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat.

"Dominee, wat is dit hierdie?" vra hy.

Die dominee antwoord: "Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het."

In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee voor die plaat en staar na die name.

Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: "Watter diens, Dominee? Die oggend- of die aanddiens?"

Listen to your own voice...


Sunday 15 April 2018

Dink na oor die volgende waarhede...

1) 'n Gebed is nie soos 'n "SPAARWIEL" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "STUURWIEL" wat jou deur jou lewe lei en jou stuur op die regte pad..

2) Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en slegs 'n klein TRUSPIEËLTJIE? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. Kyk vorentoe en beweeg aan.

3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, Maar dit neem jare om dit te skryf.

4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit SLEG gaan, moenie bekommer wees nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.

5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is soos DIAMANTE ! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om in te set.

6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor, dink jy dit is die einde, GOD glimlag dan in Sy genade en sê, "Kalmeer, my geliefde, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"

7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.

8) 'n Blinde vra op 'n dag vir ‘n man, "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Die man antwoord, "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."

9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.

10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

God is vir ons...


Saturday 14 April 2018

Friday 13 April 2018

Drome...


Thursday 12 April 2018

Wednesday 11 April 2018

Tuesday 10 April 2018

Challenges in life...


Uitreik na Ons Huis...

Raak betrokke!!

Ons Huis reik uit na ander lede in die gemeenskap wat hierdie winter nie 'n warm kledingstukkie het nie. Daarvoor het hulle egter wol nodig.

Bring asb al u oorskietwol óf na die kerkkantoor óf na Ons Huis self.


 

Toe deure...


Monday 9 April 2018

Sunday 8 April 2018

Saturday 7 April 2018

Friday 6 April 2018

Dutoitspan se kykertal -150 000

Dankie vir die lesers wat so getrou kom inloer ...

Psalm 91:11


Thursday 5 April 2018

Nellie du Toit en Dutoitspan...


Nellie du Toit se ma het in Dutoitspan se kerkkoor 
gesing. In 1916, in ds. Kotzé se tyd, is die nuwe
orreltjie in gebruik geneem. Mej. Annie Maritz (Slabbert)
was destyds die orreliste en onder die koorlede vind ons
die name van Hennie en Lettie Venter, asook van mejj.
Ricca van Reenen en Maggie Shingler (Du Toit). 
Laasgenoemde is die moeder van Nellie du Toit, die 
sangeres van Pretoria.
(Van haar moeder, wat self baie musikaal was, het
sy haar eerste onderrig in sang en musiekontvang -
Gaan lees gerus weer die berig.)
Vandag is die Nellie du Toit-merietebeurs 'n
nalatenskap van alles wat sy al in die lewe bereik het.
Bronne: Eeufeesalbum van die gemeente bl. 115
Internet: Nellie du Toit

Rykdom...


A flat tire...


Wednesday 4 April 2018

Tuesday 3 April 2018

Eeufeesboek van die gemeente...

Enkele EEUFEESBOEKE van die gemeente is nog beskikbaar. Stel jy belang in wanneer ons gemeente gestig is of wie die vorige leraars was? Moet jou kind 'n taak uitwerk oor Kimberley en sy ontstaanjare? As jy ‘n eksemplaar van hierdie boek wil aanskaf, kontak gerus die kerkkantoor. Dit gaan nog 'n stukkie Africana word.

Lekker lees!

'n Fout word 'n les...


Monday 2 April 2018

Volharding tel...

Thomas Edison wou iets skep om elektrisiteit te stoor en te bewaar. Keer op keer het sy proewe nie geslaag nie. Toe hy by die 49 999ste proef kom het hy nog volhard en eers die 50 000ste keer het hy geslaag. Dit was die eerste battery wat uitgevind is.

Kyk weer na jou flitsbattery en onthou na die hoeveelste proef Edison eers geslaag het om 'n battery te maak: 50 000! Iemand wat geweet het van al hierdie proewe het vir hom gevra of hy nie moedeloos geword het met al die mislukkings nie. Sy antwoord was so positief: “Ek het geleer dat 49 999 dinge nie werk nie."

Is dit die rede waarom daar 1300 uitvindings op Edison se naam geregistreer is? By Edison het net volharding getel. 

Dit is aan hom te danke dat ons vandag baie geriewe het, o.a. musiekplate, die filmbedryf, die mikrofoon, die gloeilampie en die transmitter wat gelei het tot die ontdekking van die telefoon. Ons skuld Edison baie, baie dankies vir die geriewe wat ons vandag het. Edison het nie gewerk vir onmiddellike resultate nie. Hy het net volhard. Die baie dinge wat ons vandag kan geniet, is te danke aan sy volharding! 

Die Here Jesus het volhardend ook 'n lydensweg bewandel vir ons “geriewe” asook 'n ewige woning wat Hy vir ons verdien het. Dankie Jesus!

[Van: Ds Weitz Botes NG Kerk Parys-Wes]

Sunday 1 April 2018

Karwagte tydens die erediens...

Sondae, gedurende die erediens, is daar wagte wat die motors oppas. U kan die diens bywoon, sonder enige bekommernis. Daar is houtkassies by die sydeure van die kerk vir donasies. Maak asb. gebruik daarvan. Baie dankie!

Psalm 46:10