Thursday 31 May 2018

Wednesday 30 May 2018

Tuesday 29 May 2018

Sunday 27 May 2018

Wat maak ek hier?

Dankie aan mev. Marguerite Pienaar wat vir ons dié treffende gebed gestuur het. Ek deel dit graag met u op die blad.

U het my nie vir myself gemaak nie.
(Al dink ek soms so!)
U het my ook nie toevallig gemaak nie.
(Al voel dit soms so!)
U het my nie doelloos gemaak nie.
(Al dobber ek soms!)

Grote Skepper,
U het my uniek en spesiaal gemaak
omdat U vir my 'n spesifieke rol
hier op aarde het;
omdat U my wil gebruik
en omdat ek hier is
om U te verheerlik.

Dankie vir die heilige wete
dat ek so spesiaal is!

Help my om u doel met my te vind,
en lei my veral
om dit te lééf!

Vrede en liefde...


Saturday 26 May 2018

Friday 25 May 2018

Thursday 24 May 2018

Wednesday 23 May 2018

Genade...


Tuesday 22 May 2018

Monday 21 May 2018

Sunday 20 May 2018

Who is Jesus?

Mnr. JD van den Berg, een van die lesers, deel graag die volgende treffende waarheid met die ander getroue lesers van die blog!

*In chemistry,*
He turned water to wine.
  John 2:6-10
  John 4:46

*In biology,*
He was born without the normal conception;
  Isaiah 7:14
  Luke 1:26- 37

*In physics,*
He disapproved the law of gravity when He ascended into heaven;
  Mark 16:19

*In economics,*
He disapproved the law of diminishing return by feeding 5000 men with two fishes and 5 loaves of bread;
  Matthew 14:19
  John 6:13

*In medicine,*
He cured the sick and the blind without administering a single dose of drugs;
  Matthew 15:30
  Mark 1:34

*In history,*
He is the beginning and the end;
  John 1:1-5
  Revelation 22:13
  Revelation 21:6

*In government,*
He said that He shall be called Wonderful Counselor, Prince of Peace;
  Isaiah 9:6-7

*In religion,*
He said no one comes to the Father except through Him;
  John 14:4-6

*So, Who is He? He is Jesus!*
The Greatest Man in History

Jesus had no servants,
yet they called Him Master.

Had no degree,
yet they called Him Teacher.

Had no medicines,
yet they called Him Healer.

He had no army,
yet kings feared Him.

He won no military battles,
yet He conquered the world.

He committed no crime,
yet they crucified Him.

He was buried in a tomb,
yet He lives today...

Wat kinders geleer het...

1. Wanneer jou Ma kwaad is vir jou Pa, moenie dat sy jou hare kam nie.

2. As jou suster jou slaan, moenie terugslaan nie, hulle vang altyd die tweede persoon.

3. Jy kan nie honde vertrou om jou kos op te pas nie.

4. Moenie nies terwyl iemand jou hare sny nie.

5. Jy kan nie ’n stukkie blomkool in jou glas melk wegsteek nie.

6. Die beste plek wanneer jy hartseer is, is op ouma of oupa se skoot.

7. Maak nie saak hoe jy die koeldrank meet nie, maar jou broer het altyd meer koeldrank as jy.

8. As daar lekker nagereg is, moenie laaste by die bak uitkom nie.

9. Lekkergoed is geneig om jou eetlus weg te neem en jou boude te laat brand.

10. Honde en katte hou ook nie van ertjies nie.

WAT VOLWASSENES GELEER HET:

1. Om ’n tiener groot te maak is soos om jellie aan ’n boom vas te kap met ‘n spyker.

2. Jou ouers was reg toe hulle altyd gesê het: “Wag maar, jy sal verstaan as jy die dag kinders het”.

3. Middeljare is wanneer jy jou ontbytgraan kies vir die vesel en nie die plesier nie.

4. Jy kry jou kinders uit die huis maar nie uit jou sak nie.

5. Geduld is toe nie net ‘n woord nie, dis inspanning.

6. Kinders grootmaak is nie vir sissies nie.

7. Selektiewe doofheid is nie ’n fisiologiese gebrek nie maar ’n verdedigingsmeganisme.

8. Mens wonder hoekom jou kinders jou ander helfte se humeur en geite geërf het.

9. Tieners beskryf die ouderdom tussen tien en geduld.

10. Ouers word “dommer” met elke generasie.

WAT DIE OUDERDOM ONS LEER:

1. Om oud te word is verpligtend, om groot te word is opsioneel.

2. Vergeet die gesondheidskosse; ek het al die preserveermiddels nodig wat ek kan inkry !

 3. Wanneer jy val, wonder jy wat jy nog alles kan doen terwyl jy daar onder lê, sodat dit minstens die moeite werd was.

 4. Jy weet jy word ouer wanneer ’n skommelstoel jou dieselfde sensasie verskaf as wat ‘n “roller coaster” gedoen het jare gelede.

 5. Dit is frustrerend wanneer jy al die antwoorde ken, maar niemand doen die moeite om jou te vra nie.

 6. Tyd mag miskien ’n wonderlike geneser wees, maar dis ’n patetiese skoonheidskundige.

 7. Wysheid is veronderstel om te kom met die grysheid, maar somtyds kom net die grysheid.

 8. Jou sig verbeter met die ouderdom want jy hou die boek al verder weg van jou oë af.

 9. Die enigste een wat jou gereeld wil sien is jou dokter.

10. Plooie maak nie seer nie.

Saturday 19 May 2018

Friday 18 May 2018

Thursday 17 May 2018

Wednesday 16 May 2018

Tuesday 15 May 2018

Monday 14 May 2018

Sunday 13 May 2018

One mother...

Go to "Moedersdag" page!




















Moedersdag!

Gaan na die Moedersdag-"page".



































Bron: Internet

Saturday 12 May 2018

Ek + U = sterk!

'n Gebed wat mev. Marguerite Pienaar (een van ons Vrystaatse lesers) met ons deel:

Here my God,
U gebruik swak, stukkende sondaars in u diens.

Wanneer ons nie kan nie, laat gebeur U.
Wanneer ons hakkel, praat U;
Wanneer ons huiwer, doen U ...
want u genade is vir ons genoeg.
Deur u krag is ek sterk!

Gebruik my ook, Here.
Neem my gebroke menswees
om u doel op aarde te bereik.
Omvorm my swakheid
om U te verheerlik.

Gebruik my hele my
vir u hele U!

A humble spirit...


Friday 11 May 2018

Thursday 10 May 2018

Wednesday 9 May 2018

Tuesday 8 May 2018

Monday 7 May 2018

Sunday 6 May 2018

Saturday 5 May 2018

Basaar: Ons is dringend op soek na die wit olifante in die gemeente...

   Is jou kaste ook
te vol?
Dit is nou die ideale tyd om al die oortollige en onnodige besittings wat so wegkruip in die kaste, laaie of agter in die garage, uit te gooi. 

Dis tyd om van al jou wit olifante ontslae te raak... En vir 'n goeie doel. Die wit olifanttafel gaan vanjaar groot wees! Kom gee dit asseblief by die kerkkantoor af.

(Dit sluit dinge in soos boeke, skilderye, tafeltjies, stoeltjies, boekrakke, gordyne, bakke, panne, glase, potte, panne, borde, kombuisgereedskap en garagegereedskap... Enige iets wat jy nie meer gebruik nie!

Sien ons jou daar?


Friday 4 May 2018

Thursday 3 May 2018

'n Lekker piesangbroodresep vir die basaar...

Katelyn Marais is hier aan roer van sake.
BESTANDELE:
1.  125ml (halwe koppie) botter of margarien
2.  250ml (1 koppie) suiker
3.  5ml (1 teelepel) vanieljegeursel
4.  2 of 3 eiers
5.  500ml (2 koppies) koekmeelblom
6.  10ml (2 teelepels) bakpoeier
7.  2,5ml (halwe teelepel) sout
8.  4 tot 6 ryp piesangs

METODE:
1.  Voorverhit die oond tot 180 °C
2.  Klop die botter en suiker tot romerig
3.  Voeg die vanieljegeursel by en meng goed
4.  Klits die eiers een-vir-een by 
5.  Sif die droë bestandele saam in 'n aparte bak en voeg by die eiermengsel en meng goed
6.  Meng die fyngemaakte piesang by die beslag
7.  Gooi in 'n gesmeerde broodpannetjie
8.  Bak vir 1 uur teen 180 °C

Wednesday 2 May 2018

Tuesday 1 May 2018

Onblusbare hoop!

http://kerkbode.christians.co.za/2017/12/14/onblusbare-hoop/

http://kerkbode.christians.co.za/2017/12/14/onblusbare-hoop/ 
Gaan lees gerus hierdie brief van ds. Dawie Botes.