Saturday 12 May 2018

Ek + U = sterk!

'n Gebed wat mev. Marguerite Pienaar (een van ons Vrystaatse lesers) met ons deel:

Here my God,
U gebruik swak, stukkende sondaars in u diens.

Wanneer ons nie kan nie, laat gebeur U.
Wanneer ons hakkel, praat U;
Wanneer ons huiwer, doen U ...
want u genade is vir ons genoeg.
Deur u krag is ek sterk!

Gebruik my ook, Here.
Neem my gebroke menswees
om u doel op aarde te bereik.
Omvorm my swakheid
om U te verheerlik.

Gebruik my hele my
vir u hele U!