Showing posts with label Jannie Stroebel. Show all posts
Showing posts with label Jannie Stroebel. Show all posts
Sunday, 26 April 2026
Tuesday, 14 April 2026
Voorstelling van nuwe kerkraadslede
![]() |
| Willie, Anja, Adene, ds. Ensie & Jannie (agter) |
Willie Uys (ouderling)
Anja Vermeulen (diaken)
Adene Natal (diaken)
Baie seën vir dié nuwe kerkraadslede in diens van die Here. Mag die Here julle toerus met wysheid, ywer en entoesiasme om julle talente in diens van Hom te gebruik.
Foto's: Elsa Minne
Foto's: Elsa Minne
Saturday, 7 March 2026
Monday, 24 November 2025
Monday, 29 September 2025
Sunday, 28 September 2025
Saturday, 26 April 2025
Verjaardagwense
Jannie, om nog 'n kers uit te blaas, beteken dat jy nog 'n jaar van vreugde en seëninge beleef het. Maak seker dat elke dag van jou lewe, en elke kers tel. Geniet 'n wonderlike geseënde dag!
Wednesday, 13 November 2024
Thursday, 6 June 2024
Foto's: koffiehuiskonsert (deel 2)
Ds. Ensie was die goue leeu van Dutoitspan, bekend vir sy krag en dapperheid - die koning van die oerwoud. Malan Smith was die groot gesogte en trotse gemsbok wat seker die moeilikste is om te jag, die vlugvoetige, fassinerende loopvoël, algemeen bekend as die volstruis, was Dirk Marais, terwyl Jannie Stroebel die legendariese begeesterde Poenskop Bloubul was en aan stuur van die mikrofoon was die afslaer Fanie Minne.
![]() |
| Ds. Ensie as The Jawning man |
![]() |
| Ds. Ensie as Oriki |
Klik HIER vir nog foto's.
Foto's: Elsa Minne
Tuesday, 4 June 2024
Personeelete by Mowhawk Spur
Op die foto van links na regs: Amelia Kock, Joe Frederics, ds. Ensie, Jannie Stroebel, Sarie le Roux, Elsa Minne en Anna van Wyk. En hierdie was nie net 'n gewone ete nie, maar vir 57,1% van die personeel was dit hulle verjaardagete!!
Sarie, Jannie, Joe en Amelia, 'n mooi geseënde nuwe lewensjaar - mag julle die guns van die Here in jul lewens ervaar. Alles wat mooi en lieflik is, word julle toegebid. Hoop julle het jul spesiale dag en ete geniet. (Filippense 4:6,7)
Foto: Elsa Minne
Friday, 1 April 2022
Gemeente-ete: 6 Maart 2022
Ons gemeente is lief om saam te kuier en saam te eet! En na die afgelope twee jaar van baie versigtig in ons spoor trap om nie enige Covid-reëls te oortree nie, het ons 6 Maart 2022 daarvoor vergoed deur 'n heerlike gemeente-ete te hou.
Die manne het hulle kant gebring met die smaaklike steaks, volgens individuele spesifikasies gebraai. Die braaiers wat nie bang is om 'n voorskoot om te hang nie, was Malan Smith, Fanie Minne en Jannie Stroebel. Die proefkonyn, gecoller en getie, aan die linkerkant was heel in sy skik met verloop van sake.
Heerlike bykosse en poeding het hierdie lipaflek-lekker ete voltooi. Dankie aan elke gemeentelid wat gewerk het, bydraes gemaak het en bowenal kom saameet het. Ons maak weer so Saterdagmiddag, 23 April, met die potjiekoskuier by Rooifontein, asook die volgende dag na die nagmaal (Sondag 24 April). Merk hierdie datums vroegtydig op jou kalender en kom kuier saam.
Kaartjies beskikbaar by die kerkkantoor: 053 0842 1100
[Foto's: Elsa Minne]
Tuesday, 7 July 2020
Terugvoering: Jannie Stroebel skryf: ...
Ds E, ek vind die nuwe aanslag baie interessant, dit prikkel my gedagte om meer uit te vind oor die onderwerp/Bybelboek. Nadat ek gisteraand die inleiding in die Boodskap gelees het, het dit my opgewonde gemaak oor dit wat voorlê. Dit was weer een van daardie oggende wat ek nie kon slaap het. Ek besluit om naslaanwerk op die internet te doen om te sien watter interessante inligting/feite ek oor Joël kan kry. Het op n blog afgekom - http\\warechristene.blogspot.com/2014/12/opsomming-die-boek-joel.html.
Hier word die boek Joël baie mooi opgesom en elke hoofstuk bespreek.
Dankie vir elke aand se gedeelte.
Klik HIER om meer van Joël te wete te kom.
Hier word die boek Joël baie mooi opgesom en elke hoofstuk bespreek.
Dankie vir elke aand se gedeelte.
Klik HIER om meer van Joël te wete te kom.
Subscribe to:
Posts (Atom)









































