Saturday 1 June 2024

Die koffiehuiskonsert met 'n koffiekinkel (Deel 1)


Die koffiehuiskonsert wat mense met 'n glimlag op die gesig en met ligter tred huis toe laat gaan het, is nou deel van 2024 se gemeente-geskiedenis. As jy nie die konsert kon bywoon nie, is daar ongelukkig eers weer volgende jaar 'n geleentheid om rondom die koffiekan te kan kuier.

"Soos professionele kunstenaars kan dié deelnemers gehuur word om kleur aan jou funksie te verleen. Kontak slegs die kerkkantoor om 'n datum te boek en tariewe te bespreek! Geen reiskoste in Kimberley-omgewing nie. Moenie hierdie eenmalige kans deur jou vingers laat glip nie."

Dankie vir die gehoor wat besluit het dat 'n lewendige konsert baie beter as die kommersiële TV-programme is. Dankie vir elke een wat gehelp het om die aand suksesvol te maak en 'n groot applous aan elke talentvolle deelnemer.

Klein Lisa, ouma Bets en Jannie du Toit
Foto's: Elsa Minne