Tuesday 18 June 2024

Ons is soos sonneblomme

Het jy geweet sonneblomme buig hul kop as hul seerkry?

Het jy geweet sonneblomme lig hul kop op as die son skyn?

Ons moet soos sonneblomme lewe - ons kop buig in stilte as ons seerkry, want dit is waar ons hulp vandaan kom. En ons kop oplig as die son skyn.

Soms sien ons 'n reënboog deur ons trane heen en ons weet dat om op Hom te vertrou, sal ons harte heel. Ons moet leef volgens God se wil in ons lewe. 

Ons ken almal seerkry, liefde, blydskap, benoudheid, angs, verlorenheid en trane. So, of die son skyn en of dit vir dae aaneen bewolk bly, blom, want ons vertou op Hom, ons groei as dit reën en jubel as die son skyn. 

Ons oë volg U bedags,
en snags is U oë steeds op ons!
Ons dans in die wind en reën
en voel U druppels seën,
U maak ons blare heel.
Die grond om ons is vrugbaar, 
want ons soek U elke dag;
En ons ken U stem in die nag!
U klee ons met vrolikheid,
ons dans in die wind en reën;
ons voel U GROOT druppels seën! 
U maak ons blare heel na elke storm!
En as ons klaar geblom het,
Heer, strooi U ons sade in die wind;
en mag hul in goeie grond val
en groei tot U eer!

[Dankie, Anoniem]