Showing posts with label Hennie Groenewald. Show all posts
Showing posts with label Hennie Groenewald. Show all posts

Sunday, 3 August 2025

Verjaardagwense

Oom Hennie, mag jou spesiale dag baie geluk, liefde, gesondheid en vreugde vir jou bring. Geniet 'n vreugdevolle dag vol seëninge! Dankie dat jy tannie Rina met ons deel en dankie vir al die kere wat jy vir ons by Sally Aucamp kom help het. 

Met liefde!
Van almal by Sally Aucamp

Saturday, 3 August 2024

Verjaardagwense

Oom Hennie, mag Hy vir jou die krag en die genade gee om elke dag met al sy baie uitdagings te kan hanteer. Dankie dat jy tannie Rina met ons deel en dankie vir al die kere wat jy vir ons by Sally Aucamp kom help het. Ons waardeer dit. Geniet jou spesiale dag. 
Liefde!
Sally Aucamp-inwoners

Thursday, 21 December 2023

Kersete by Sally Aucamp


Die Sally Aucamp-familie het heerlik gesmul aan die uithaler-kersete in die vorm van 'n braai.  Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan het die Kersboodskap gebring en met al die kommersiële aktiwiteite rondom Kersfees, is dit so maklik om die ware boodskap van Kersfees te vergeet. Daarna het Marius Willemse die inwoners met pragtige liedere en spesiaal Kersliedere bekoor. 

Elkeen het baie spesiaal gevoel toe die Kersgeskenke uitgedeel is. Baie dankie aan Rina Groenewald vir net mooi ALLES! Dit is só lekker dat sy elke week saam met die inwoners kuier. 'n Groot dankie vir elkeen wat vandag spesiaal gemaak het. 'n Sally Aucamp-dankie aan Rinus Slabbert, Natalie Willemse, Marius Willemse, Hennie Groenwald, Daphné de Beer en ds. Ensie.

Daarna het almal heerlik onder die afdak gesit en gesels.




Klik HIER vir nog foto's van die Kersbraai.