Showing posts with label Kersete. Show all posts
Showing posts with label Kersete. Show all posts

Thursday, 23 October 2025

Afkondiging: Kersbederf by Ons Huis


Kersfees 2025 is om die draai. Ons wil graag
 Ons Huis se inwoners bederf met 'n heerlike ete en geskenkies. Ons het egter elke gemeentelid se bydrae nodig om hierdie bederfprojek 'n sukses te maak. 

Bydraes in die vorm van seep, waslappe en koekies kan by die kerkkantoor afgegee word. 

Afsnypunt vir geskenkies: 24 November 2025

Help ons om Ons Huis-inwoners te bederf en
om 'n oor-tot-oor-glimlag op hulle gesigte te sit.  

Thursday, 16 October 2025

Afkondiging: Kersbederf by Ons Huis


Kersfees 2025 is om die draai. Ons wil graag Ons Huis se inwoners bederf met 'n heerlike ete en geskenkies. Ons het egter elke gemeentelid se bydrae nodig om hierdie bederfprojek 'n sukses te maak. 

Bydraes in die vorm van seep, waslappe en koekies, kan by die kerkkantoor afgegee word. 
Afsnypunt vir geskenkies: 24 November 2025

Help ons om Ons Huis-inwoners te bederf en 
om 'n oor-tot-oor-glimlag op hulle gesigte te sit.  

Thursday, 21 December 2023

Kersete by Sally Aucamp


Die Sally Aucamp-familie het heerlik gesmul aan die uithaler-kersete in die vorm van 'n braai.  Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan het die Kersboodskap gebring en met al die kommersiële aktiwiteite rondom Kersfees, is dit so maklik om die ware boodskap van Kersfees te vergeet. Daarna het Marius Willemse die inwoners met pragtige liedere en spesiaal Kersliedere bekoor. 

Elkeen het baie spesiaal gevoel toe die Kersgeskenke uitgedeel is. Baie dankie aan Rina Groenewald vir net mooi ALLES! Dit is só lekker dat sy elke week saam met die inwoners kuier. 'n Groot dankie vir elkeen wat vandag spesiaal gemaak het. 'n Sally Aucamp-dankie aan Rinus Slabbert, Natalie Willemse, Marius Willemse, Hennie Groenwald, Daphné de Beer en ds. Ensie.

Daarna het almal heerlik onder die afdak gesit en gesels.




Klik HIER vir nog foto's van die Kersbraai.

Monday, 11 November 2019

Sally Aucamp se 2019-kersete.

Omgee en uitreik lê in 'n mens se hartsvoue. Dit is dan wanneer 'n mens met ander oë na die mense rondom jou kyk, veral  na hulle wat so maklik op die lewe se syspoor gerangeer kan word.

Met Kersfees slegs 'n katspoeg ver, besef ons opnuut dat die jaar op sy rug lê en dat die Kersboodskap van liefde en omgee opnuut weer uitgedra moet word.

Rina Groenewald, een van die ekstra-myl-stappers, het Saterdag die boodskap van Kersvreugde met die inwoners van Sally Aucamp gedeel.

Gaan loer gerus hier vir nog foto's!