Monday 11 November 2019

Sally Aucamp se 2019-kersete.

Omgee en uitreik lê in 'n mens se hartsvoue. Dit is dan wanneer 'n mens met ander oë na die mense rondom jou kyk, veral  na hulle wat so maklik op die lewe se syspoor gerangeer kan word.

Met Kersfees slegs 'n katspoeg ver, besef ons opnuut dat die jaar op sy rug lê en dat die Kersboodskap van liefde en omgee opnuut weer uitgedra moet word.

Rina Groenewald, een van die ekstra-myl-stappers, het Saterdag die boodskap van Kersvreugde met die inwoners van Sally Aucamp gedeel.

Gaan loer gerus hier vir nog foto's!