Showing posts with label Ena Coetzer. Show all posts
Showing posts with label Ena Coetzer. Show all posts

Tuesday, 3 June 2025

Mandjie Hoop: Jou rigtingaanwysers

Dit is EK wat jou RED uit die NET van die voëlvanger, sê die HERE.
Jou EINDBESTEMMING is groter as wat jy BESEF.
Ek het reeds die REGTE MENSE opgelyn wat JOU moet HELP.
Verskillende RIGTINGAANWYSERS is reeds besig om vir JOU in plek te SKUIF.
Wat EK vir jou doen, is 'n DEMONSTRASIE van My GROOTHEID en ALMAG.
Ek spreek EEN WOORD en die WIEL DRAAI vir jou.
Daarom SKUD jy die KETTINGS van minderwaardigheid af.
Ek gee vir jou nuwe VLERKE vir nuwe HOOGTES.
Nuwe WYSHEID vir nuwe UITDAGINGS!
Nuwe WAPENS vir nuwe OORWINNINGS.
Nuwe VOORSIENING vir ‘n nuwe VISIE!
You are a walking MIRACLE!
Dis EK wat dit oor jou SPREEK, sê die HERE.
Jou oë AANSKOU MY HEERLIKHEID.
Ook NOU terwyl jy hier lees, ervaar jy MY intense NABYHEID by JOU.
Dankie JESUS. Amen

Tuesday, 18 March 2025

Mandjie Hoop: Pak vandag met geloof aan

Pak vandag aan met ...
God se krag wat jou rig,
God se mag wat jou vashou,
God se hand wat jou bewaar
en met God se wysheid
wat jou lei!
[Dankie, Ena]

Tuesday, 4 March 2025

Mandjie Hoop: Klein bietjies ...

Klein bietjies omgee keer groot hartseer.
Klein liefdesblykies droog groot trane.
Klein boodskappies bring groot vreugde.
Klein glimlaggies verlig groot donkerte.
Klein herinneringe bly vir altyd.
Dit is die klein dingetjies wat die lewe
die moeite werd maak en
ons vir mekaar onmisbaar maak.  
[Dankie, Ena!]

Tuesday, 18 February 2025

Mandjie Hoop: Vir wie sou ek vrees?

Die HERE is 
my LIG en
my REDDER,
vir wie sou ek bang wees?
Die HERE is 
my TOEVLUG
vir wie sou ek vrees? 
[Dankie, Ena]

Tuesday, 21 January 2025

Mandjie Hoop: God het my geleer ...

God het my geleer
om nie bekommerd te wees nie.
Ek het gister oorleef.
Ek hanteer vandag.
En met God se hulp,
kan ek môre aanpak
en alles wat op my pad kom.

[Dankie, Ena]

Monday, 16 December 2024

Versekering vir 2025!


So hardloop die laaste paar dae van 2024 ook deur die shredder ...
in daardie bondel papierrepies lê al jou vreugde, drome, liefde, hartseer en verdriet van 'n hele lange jaar ...
wat 'n Hemelse Voorreg om te weet jy was teenwoordig in 2024!
Dit was nog 'n jaar van onverdiende Genade!
Al was die jaar hoe moeilik,
al was die kruispaaie baie,
God het jou deurgedra,
want jy lees hier,
en jy het dit gemaak!
Onthou, saam met God bly jy 'n WENNER,
maak nie saak wat die situasie is nie ...
met jou hand in God se Hand,
sal jy altyd as wenner uit enige stryd tree!
'n Onbekende 2025 lê op die horison en wag, maar ons kan blymoedig ons voete op die 2025-pad sit.
Want ons weet ons Hemelse Vader loop vooruit!

[Aangestuur deur Ena Coetzer - waardeer!]

Friday, 23 August 2024

Genade

Daar waar genade,
liefde en deernis is,
daar is God.
Mag Hy jou hart vul
met liefde ongekend.

Tuesday, 6 August 2024

Dankie, vir liefde ongekend

Here, soms is die pad vol dorings,
maar ek weet U sorg vir skoene aan my voete.
Soms is die opdraande steil,
maar ek weet U maak my pad gelyk.
Soms raak my bene moeg,
maar ek weet U gee my weer krag.
Dankie vir U liefde, Heer,
dis U wat my deur alles dra,
keer op keer.

[Dankie, Ena.]

Tuesday, 26 September 2023

Never stop ...

Never stop doing little things for others.
Sometimes those little things occupy
the biggest part of their hearts.

[Thank you, Ena]