Showing posts with label Genesis. Show all posts
Showing posts with label Genesis. Show all posts

Sunday, 28 June 2026

Mossiestilte: Genesis en Johannes

Gen. 1:3
En God het gesê laat daar lig wees! En daar was lig.

Joh. 1:9-10
Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

Joh. 8:12
En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Joh. 3:19-21
En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.

Here, en Almagtige Vader, dankie vir u lig, wat die duisternis van die aarde wegneem. U lig is in my en lei my en leer my om die duisternis te oorwin. Die duisternis vlug vir u lig, wat my vrymaak van vrees en sonde. My sonde het aan die lig gekom en U het my bevry, sodat ek my werke in God kan doen. Ek prys U grote Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Monday, 4 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 1 - Maandag)

Die volgende 6 weke se leesrooster bied vir ons 'n verdere Bybelse fundering vir hoofstuk 1 van Die Meesterplan-boek, bl. 26-73.

 Klik HIER en kyk na die video.

[https://youtu.be/4Z5oNO1YrlQ]

Video toeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.1.1 
Hoofstuk 1: Die Groot Toneel 
Week 1: God as Skepper en Opperheer 
Dag 1: God skep met orde en doel - elke deel van die skepping dra sy stempel van goedheid 

Lees: Psalm 8:1-10 

Oordink: Hoe beïnvloed die feit dat God se aanvanklike skepping "baie goed" was my siening van die wêreld, myself en my rol en plek in die wêreld? 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN - Alle regte voorbehou. https://dieplan.org

Klik HIER vir die oorspronklike toeligting.

Sunday, 16 March 2025

Mossiestilte: Gen. 16:13-14

Toe noem Sy die naam van die Here wat met haar gespreek het: U is 'n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my gesien het.
Daarom noem hulle die put Lagai-Roï. Dit lê daar tussen Kades en Bered.


Lagai-Roï - Die God wat sien. God sien alles en Hagar het die God wat sien gesien.
Die Here sien jou swaarkry en jou probleme en die Here gee aan jou die uitkomste.
Die Here is jou put waar jy verfris en verkwik kan word.
Die Here wil vir krag gee deur sy genade vandag om jou hindernisse te oorkom en die aanvalle van die bose af te weer.

Dankie Here, U mis nie een van die aanvalle van die bose op my nie. Here U is Lagai-Roï, "die God wat kan sien". U sien alles raak en sal my nie alleen laat nie maar U gee vir my die lewende water by die put van U lewende water. U verkwik en versterk my. U gee my krag deur u genade. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Thursday, 12 December 2024

Did you notice today's date is 12/12

See what the Bible says about today's date: 

🗝️Genesis 12:12. 
You will not die you will live.

🗝️Exodus 12:12. 
I will execute judgment against your enemies. 

🗝️Deuteronomy 12:12 
You and your households will be joyful in God's presence.

🗝️Joshua 12:12 
You will defeat all your enemies

🗝️1 Samuel 12:12 
A new and a better king will rule in your life.

🗝️2 Samuel 12:12 
The evil plans of your enemies will be made public.

🗝️1 Kings 12:12 
Your favours shall return to you.     

🗝️2 Kings 12:12 
You will build your own house.

 Today is the first day of the rest of your life!!!! 

[Thank you, Rosetta]

Wednesday, 18 September 2024

Mossiestilte: Gen. 32:31

En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pniël verby was; en hy was mank aan sy heup. 

Worstel jy met God op hierdie stadium? Die son sal vir jou ook opgaan. God se tyd is nie jou tyd nie. Vir hoe lank moes jy werk om te kon kry wat jy graag wil hê, en steeds, nadat God vir jou voorsien het, het jy nog steeds vrese. Bid die Here se seën af en sien hoe God in jou lewe werk. Dalk het jy ook merke, tekens, of mankheid as teken van jou worstelinge maar ook jou seëninge. 

Here, en Almagtige God, dankie dat u geregtigheid my gered het. Dankie vir u seëninge en dat ek nog deur u genade mag lewe. Met U het ek geworstel en U het my aangeraak. Tog twyfel ek selfs nog nadat U my gewys het hoe U vir my omgee en my wil seën. U son skyn weer oor my en U sorg vir my dag na dag. My lewe getuig van u goedheid. Ek kan die littekens wys. U is die ware en ewige God en Vader. U sal ek loof en prys en u goedheid bekend maak, oral waar ek gaan. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]