Showing posts with label Hans du Plessis. Show all posts
Showing posts with label Hans du Plessis. Show all posts

Monday, 23 June 2025

1 Korinthiërs 13 in "Griekwa-Afrikaans"


Al sal ek die tale van mense en van ingele praat,
maar ek het die liefde geloop ruil vir die haat
dan het ek net 'n raaslike parrafienblik gekom raak.

Al was ek so slim lat ek nuwe goeterse kan maak,
maar ek het die Jirre se liefde buite in die son gelat le,
dan is ek niks, hoor wat hierdie vandag vir jou se.

Al gee ek my hele bokke weg, net om die eer te he,
dan sal al hierdie dinge my nou nog niks gepetaal het nie
as ek die liefde uit die jimmel geloop haal het nie.

Die regtige liefde die se bek is nooit dik nie;
jy sie hom nie skinder en jy hoor hom nie klik nie;
hy skrywe die kwaad ok nie in boekietjiese op nie.

Die liefde maak alles mooi toe met hom se sawwe karos;
tale die hou op, voorspellingse verdroe en woorde raak los;
maar liefde die sal nou tot by ewigheid toe net so bly staan.

Toe ek kind gewas het, toe't ek sos 'n kind gedink,
en vandag sien ek net troewelte in die gorrawaterse blink,
maar eendag sal ek die jirre se liefde waarlikheid kom weet.

En nou is dit die geloof en die hoop en die liefde wat nou bly staan,
maar net die liefde sal saam met my na die Jirre se hemel toe gaan

Hans du Plessis

[Bron: So Tussen Ons, 20 Februarie 1998 - ingestuur deur Liz de Koker]

Sunday, 10 November 2024

Griekwapsalms: Psalm 23

Die Jirre is my Skawagter wat my nou
innie dradewerke van Hy se proewe hou.
Hy sal my nooit verloor lat lê nie,
en al sal ek ok niks oor my hê nie,
en wei ek nou wyd warie wind begin:
Hy lei my na waterse tissenie dyne in;
Hy sit my siel in my lyf in trig;
Hy breekslat slang se hoepelrig!

U melk my beker vol wa ek loop lê.
In my land wa ek meneer moet sê,
maak u opslagstrale van my tegeparty,
ma ek en U, ons sal oenerrie die doringse bly

[’n Griekwapsalm deur Hans du Plessis uit Innie skylte vannie Jirre]