Showing posts with label Geestelike groei. Show all posts
Showing posts with label Geestelike groei. Show all posts

Tuesday, 10 February 2026

Die wagtende wêreld

Evangeliesasiewerk word dikwels op groot skaal geloods en op groot skaal bygewoon wanneer een of ander beroemde prediker op die toneel verskyn en die dienste lei. (Dink maar aan die Mighty Men Conference.)

Dit is goed.

Maar die groot behoefte van ons dag is nie juis groot predikers nie. Wat die wêreld nodig het, is toegewyde kinders van God, wat hul getuienis op alle vlakke van die samelewing uitleef: in hul huise, gemeentes, woonbuurtes en werke.

Wanneer werkgewers hul werkers geestelik bearbei dan sal die aarde vol word van die heerlikheid van die Here.

Monday, 2 February 2026

Week van gebed: Braam Grobbelaar van Moreletapark-gemeente

Foto's: Elsa Minne

Braam se motto in die lewe is dat Hy lief is vir die Here en graag in alle nederigheid ‘n verskil wil maak in mense se lewens.