Showing posts with label Aspirasies. Show all posts
Showing posts with label Aspirasies. Show all posts

Tuesday, 14 October 2025

Mandjie Hoop: Seëninge so ontelbaar soos sand

Mag jy vandag ...
LIEFDE so diep soos die see,
VRIENDE so eg soos diamante,
GELUK wat skitter soos goud en
SEËNINGE so ontelbaar soos sand 
beleef! 

[Dankie, Rosetta]

Tuesday, 10 June 2025

Mandjie Hoop: Wees 'n seën

Mag God se guns op jou wees,
Mag God se guns op jou oorloop van generasie tot generasie.
Mag God jou behoed en jou seën.
Mag Hy tot julle redding veskyn en vir julle bonatuurlike vrede gee.
Mag Hy jou en jou familie bewaar waar julle ookal gaan.
Mag Hy julle genadig wees.
God die Almagtige sál jou seën en
jy sál ‘n seën wees vir almal op jou pad.
Hy is by jou, Hy is met jou,
elke sekonde van die dag.
In die kosbaarste Naam van Jesus Christus!

Tuesday, 3 June 2025

Mandjie Hoop: Jou rigtingaanwysers

Dit is EK wat jou RED uit die NET van die voëlvanger, sê die HERE.
Jou EINDBESTEMMING is groter as wat jy BESEF.
Ek het reeds die REGTE MENSE opgelyn wat JOU moet HELP.
Verskillende RIGTINGAANWYSERS is reeds besig om vir JOU in plek te SKUIF.
Wat EK vir jou doen, is 'n DEMONSTRASIE van My GROOTHEID en ALMAG.
Ek spreek EEN WOORD en die WIEL DRAAI vir jou.
Daarom SKUD jy die KETTINGS van minderwaardigheid af.
Ek gee vir jou nuwe VLERKE vir nuwe HOOGTES.
Nuwe WYSHEID vir nuwe UITDAGINGS!
Nuwe WAPENS vir nuwe OORWINNINGS.
Nuwe VOORSIENING vir ‘n nuwe VISIE!
You are a walking MIRACLE!
Dis EK wat dit oor jou SPREEK, sê die HERE.
Jou oë AANSKOU MY HEERLIKHEID.
Ook NOU terwyl jy hier lees, ervaar jy MY intense NABYHEID by JOU.
Dankie JESUS. Amen

Tuesday, 27 May 2025

Mandjie Hoop: Weet dat jou Verlosser leef

Mag jy nie teen jou omstandighede vaskyk nie,
maar opkyk en weet jou Verlosser leef.
Mag jy in God se waarheid staande bly
en deurdruk ten spyte van,
totdat Sy lig vir jou deurbreek.
Mag vertroue in jou Hemelse Vader
en die waarheid van Sy liefde
jou menswees oorneem
en vir jou vrede bring
in alles waardeur jy gaan.

Tuesday, 20 May 2025

Mandjie Hoop: Sien hoop raak

 Mag jy vandag opkyk in geloof
en hoop raaksien.
Mag jy aanhou hoop, glo en vertrou.
God is vir jou,
jy is steeds in Sy hande.
Laat Sy liefde jou elke dag lei.

Tuesday, 13 May 2025

Mandjie Hoop: Wees 'n seën vir ander

Ons is geseënd om 'n seën te wees.
Kom ons wees vandag 'n seën vir iemand
en vervul die belofte in die Psalm 67:
"Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela. Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil."

Tuesday, 29 April 2025

Mandjie Hoop: God is naby jou

Mag jy vandag rustig raak,
dankbaar en tevrede.
Veilig in Sy arms.
Naby Sy hart.
Mag jy net weet dat jy weet:
God is by jou.
Sy liefde maak heel.
Sy liefde gee krag.
Sy liefde motiveer.
Mag Sy genade jou uitlig en oplig uit alle stres,
sodat jy Sy visie oor jou duidelik sal raaksien.

Tuesday, 22 April 2025

Mandjie Hoop: Stap in sy liefde

Mag jy vandag God se grootheid raaksien
in die komplekse probleme van die dag.
Mag jy in Sy liefde stap,
stewig geanker in Sy hoop.
Mag jy Sy krag vandag ervaar,
Sy beskerming voel.
En mag jy deur Sy motivering op jou voete bly,
stewig staan in Sy teenwoordigheid -
vars, energiek en jubelend,
met 'n vaste vertroue op ons Hemelse Vader.

Tuesday, 15 April 2025

Mandjie Hoop: Jy is Syne - altyd

Mag jy vandag en die dae wat kom weer besef dat jy vir meer gemaak is wat hierdie wêreld jou offer. God roep jou op jou naam vanuit die gewone lewe na 'n voluit lewe. Mag jy ervaar hoe Hy jou hand vat en sê: " kom nader na My toe, Ek wil jou verder vat. Mag jou volle wese op Hom vertrou en jou krag in Hom vind. Laat toe dat Sy liefde elke dimensie van jou menswees genees. Mag jy kragtig in geloof wandel, met volle vertroue op Die Outeur van jou lewe. Jy is Syne - altyd.

Tuesday, 18 March 2025

Mandjie Hoop: Pak vandag met geloof aan

Pak vandag aan met ...
God se krag wat jou rig,
God se mag wat jou vashou,
God se hand wat jou bewaar
en met God se wysheid
wat jou lei!
[Dankie, Ena]

Tuesday, 11 March 2025

Mandjie Hoop: Seën vir vandag

Mag elke oomblik
maklik wees vir jou
omdat jy in alles
vir God ken.
Mag Hy jou
elke dag versterk!!

Tuesday, 4 March 2025

Mandjie Hoop: Klein bietjies ...

Klein bietjies omgee keer groot hartseer.
Klein liefdesblykies droog groot trane.
Klein boodskappies bring groot vreugde.
Klein glimlaggies verlig groot donkerte.
Klein herinneringe bly vir altyd.
Dit is die klein dingetjies wat die lewe
die moeite werd maak en
ons vir mekaar onmisbaar maak.  
[Dankie, Ena!]

Tuesday, 25 February 2025

Mandjie Hoop: Dank God elke oomblik

Loof God wanneer jy gelukkig is,
soek God wanneer jy swaarkry.

Aanbid God wanneer jy stil word,
vertrou God wanneer jy hartseer is.

Dank God elke oomblik en maak
Hom die anker in jou lewe!! 

Tuesday, 18 February 2025

Mandjie Hoop: Vir wie sou ek vrees?

Die HERE is 
my LIG en
my REDDER,
vir wie sou ek bang wees?
Die HERE is 
my TOEVLUG
vir wie sou ek vrees? 
[Dankie, Ena]

Tuesday, 28 January 2025

Mandjie Hoop: Hoogste aspirasies

Ver weg in die sonskyn is my hoogste aspirasies.
Ek sal hulle dalk nie bereik nie,
maar ek kan na hulle opkyk
en hulle prag sien,
in hulle glo
en probeer gaan waar hulle my lei.
[Louisa May Alcott]