Showing posts with label Huwelik. Show all posts
Showing posts with label Huwelik. Show all posts

Saturday, 3 May 2025

Kerkgenotjies: Nog steeds Koos ...

* Name wat jy nooit vir 'n renperd moet gee nie. Laaste Kans, Lui Lamsak, Bankrotskap, Manie Muil, Koos, Sloersak, Heelagter! 

* "Ek hoor jy was vir die eerste keer in jou lewe hierdie jaar by die July, Koos?"
"Ja, en weet jy wat het gebeur?"
"Nee. Wat?"
"Ek buk om my skoenveter vas te maak, toe sit iemand 'n saal op my rug."
"En wat maak jy toe?"
"Wat kon ek doen? Ek het vyfde gekom."

Koos stap verby 'n werksterrein van 'n hoë gebou wat opgerig word. Skielik hoor hy 'n stem: "Stop! Staan stil! As jy nog een tree gee, gaan 'n groot beton op jou val!"
Koos staan doodstil en doef! ... twee treë voor hom val 'n stuk beton die sypaadjie stukkend. Hy stap verder en kort daarna wil hy die straat oorsteek. Hy wil net by die sypaadjie afstap toe hy weer die stem hoor: Stop! Staan stil! Daar is 'n dronk motoris wat op jou afpyl." Koos vries en dertig sekondes later jaag 'n motoris roekeloos verby Koos.
Koos kyk om hom rond. "Wie is jy?" vra hy vir die stem.
"Ek is jou beskermengel," antwoord die stem. "Ek is hier om na jou om te sien."
"O ja?" sê Koos, "Nou waar was jy dan die dag toe ek so sotlik was om te wil trou?"  

Saturday, 22 February 2025

Kerkgenotjies: Nog steeds Koos ...

* "Liewe aarde, Koos, wanneer gaan jy tot trou kom? Hier is darem oulike nooientjies op die dorp."
Koos: "Ja, daar is, maar ek sien in elke mooi nooi 'n potensiële skoonma."

* "Môre, Koos, ek hoor jou skoonma is baie siek?"
"Ja, sy is regtig baie siek."
"Is haar toestand gevaarlik?"
"Nee, sy is gelukkig nou te swak om gevaarlik te wees."

* Mev. Van der Merwe besoek die dokter.
"Wat is fout?" vra die dokter.
"Ag, dokter, ek is moeg en afgerem."
"Slaap jy goed."
"Ek het altyd soos 'n baba geslaap ... maar dit was natuurlik vóór ek my eie gehad het!"  

Saturday, 15 February 2025

Kerkgenotjies: Dink hieroor

* As jy deesdae om 'n lening aansoek doen, moet jy eers kan bewys jy het dit eintlik nie nodig nie. 

* Moet nooit met 'n idioot in 'n argument betrokke raak nie - die mense om jou sal dalk nie die verskil tussen julle twee agterkom nie. 

* As ons op die aarde geplaas is om ander te help, waarvoor is die ander daar?

Saturday, 8 February 2025

Kerkgenotjies: Langs wie jy nie in 'n fliek wil sit nie ...

* iemand met 'n groot pak Simba-skyfies.
* iemand met 'n groot boks van jou gunsteling sjokolade.
* iemand wat verveeld raak, aan die slaap raak en begin snork.
* 'n vyfjarige wie se ma vir hom alles in 'n teatrale fluisterstem moet verduidelik.
* iemand wat nie die armleuning wil deel nie. 
* 'n kind wat aanmekaar sy lekkergoed op die vloer laat val.
* twee tieners wat dink hulle het ware liefde gevind.

[Dankie, Sonia van Pretoria]

Saturday, 25 January 2025

Kerkgenotjies: Waarheid - naarheid

* Die vakansie van 'n leeftyd begin dikwels met 'n stukkende waaierband.

* Geen probleem is ooit so groot dat jy nie iemand anders daarvoor kan blameer nie.

* 'n Mens gebruik veel minder spiere om te glimlag as om te frons. ... en nog minder om iemand heeltemal te ignoreer. (??)

* Die getroude lewe is soos vlieë by 'n venster. Dié wat buite is, wil binne wees en dié wat binne is, wil buite wees.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie waarhede.]

Saturday, 30 November 2024

Kerkgenotjies: Adams- vs. Evasgeslag

* Mans lyk goed as hulle soggens wakker word. Om die een of ander obskure rede gaan vroue gedurende die nag agteruit.

* Elke getroude man moet die foute wat hy maak, vergeet - dis onnodig dat twee mense dit onthou.

* 'n Man sal R100 bestee op iets wat R50 werd is en dit gebruik. 'n Vrou sal R50 op twee items bestee wat sy nooit sal gebruik nie.

* Daar is twee maniere om 'n vrou gelukkig te hou: om haar te laat dink sy kry haar sin en om dit vir haar te gee.

* Om gelukkig getroud te wees, moet 'n vrou 'n man baie goed verstaan en hom 'n bietjie liefhê. Om gelukkig getroud te wees, moet 'n man 'n vrou baie liefhê en nie probeer om te verstaan nie.

* Daar is twee dinge wat 'n man nie verstaan nie: 'n vrou - voor die huwelik en daarna. 

* Iets wat 'n man altyd in gedagte moet hou: die vrou het altyd die laaste woord tydens enige argument. Enige iets wat 'n man net ná die argument sê, sal tot 'n nuwe argument lei.

Tuesday, 19 November 2024

Kerkgenotjies: Koos kom kuier weer

* Koos, gaan dokter toe omdat sy keel seer is. "Dis jou mangels," sê die dokter, "en jy moet dit laat uithaal."
"Hoeveel sal dit kos?"
"Ongeveer so R75 000"  
"Ag, dok, kan jy hulle nie maar net so 'n bietjie losmaak sodat hulle vanself uitval nie?"

* Koos het bakore gehad. 
"Koos," vra 'n maat op 'n dag, "pla daardie ore jou nie?"
"Nooit," antwoord Koos, "behalwe wanneer ek 'n rondekraagtrui aantrek."

* Koos boer in die Waterberge. Sy vrou moet Kaapstad toe gaan om na haar siek ma om te sien.
Koos se vrou: "Koos, jy moet my een maal 'n week bel. Dis vir ma-hulle te duur dat ek hierheen kan bel. Ek wil nie onnodige uitgawes veroorsaak nie."
'n Week later bel Koos die sentrale om uit te vind hoeveel 'n oproep Kaapstad toe kos.
Dame by die sentrale: "Sowat R15,55 vir drie minute."
Koos in 'n smekende stemtoon: "Kan ek dit nie maar vir halfprys kry nie? Ek sal tog net moet luister, want ek kry nooit 'n woord in nie.

Saturday, 16 November 2024

Kerkgenotjies: Telegram vir bruidspaar

Die dominee se niggie trou. Hy kan nie daar wees nie en stuur 'n telegram. Hy is baie suinig en gebruik so min woorde as moontlik.

B a i e  g e l u k. 1 J o h 4:18
Ds. Van der Merwe 

Toe die niggie die telegram ontvang, staan daar:

B a i e  g e l u k.  J o h 4:18
Ds. Van der Merwe 

Die niggie slaan die vers na. Sy is baie verbaas toe sy die volgende woorde lees: Jy het reeds vyf gehad. En die een wat jy nou het, is nie jou man nie.

Saturday, 28 October 2023

Kerkgenotjies: Toe oë

Al ooit opgelet hoe baie verliefdes met toe oë soen?
Ongelukkig gebeur dit dikwels dat hulle ook so trou.

Klik HIER vir iets in ligter luim!

Sunday, 31 January 2021

Huwelikpsalm van Brahm Reyneke

Die HERE is ons Huweliksbevestiger,
ons Huwelik is veilig.
Die HERE se sorg maak ons
vergenoeg en tevrede met die lewe.
Die Here maak ons rustig
te-midde van al
die gejaag en chaos
in ons lewensgang.
Die Here lei ons na Sy plek
van vrede en vreugde
waar ons gees, siel en liggaam kan rus.
Die Here gee ons krag vir elke dag.
Die Here gee ons die moed en durf
 vir elke krisis-uitdaging.
Die Here lei ons veilig
deur moeilike en gevaarlike
situasies en plekke, ...
Nou weet ons,
ons kan altyd op die Here vertrou!
Hy sal ons nooit in die steek laat nie.
Sy Goedheid en Trou volg ons
al ons dae soos ons skaduwee ...     
(Aangepas-ACRó12/03/2019) 

Saturday, 25 April 2020

'n Huwelikspsalm deur Brahm Reyneke






Die HERE is ons Huweliksbevestiger,
ons Huwelik is veilig.
Die HERE se sorg maak ons
vergenoeg en tevrede met die lewe.
Die Here maak ons rustig
te-midde van al
die gejaag en chaos
in ons lewensgang.
Die Here lei ons na Sy plek
van vrede en vreugde
waar ons gees, siel en liggaam kan rus.
Die Here gee ons krag vir elke dag.
Die Here gee ons die moed en durf
vir elke krisis-uitdaging.
Die Here lei ons veilig
deur moeilike en gevaarlike
situasies en plekke ...

Nou weet ons,
ons kan altyd op die Here vertrou!
Hy sal ons nooit in die steek laat nie.
Sy Goedheid en Trou volg ons
al ons dae soos ons skaduwee ...     

(Aangepas-ACR 12/03/2019)


Monday, 3 December 2018

'n Goddelike opdrag...

Jy tree eendag uit jou beroep -
Jy tree uit die aktiewe diens van ouerskap -
maar jy tree nooit af uit jou huwelik nie.
Jou huweliksverhouding bly 'n Goddelike
werkopdrag tot en met jou dood.

(Francois Hanekom)

Tuesday, 28 March 2017