* Name wat jy nooit vir 'n renperd moet gee nie. Laaste Kans, Lui Lamsak, Bankrotskap, Manie Muil, Koos, Sloersak, Heelagter!
* "Ek hoor jy was vir die eerste keer in jou lewe hierdie jaar by die July, Koos?"
"Ja, en weet jy wat het gebeur?"
"Nee. Wat?"
"Ek buk om my skoenveter vas te maak, toe sit iemand 'n saal op my rug."
"En wat maak jy toe?"
"Wat kon ek doen? Ek het vyfde gekom."
Koos stap verby 'n werksterrein van 'n hoë gebou wat opgerig word. Skielik hoor hy 'n stem: "Stop! Staan stil! As jy nog een tree gee, gaan 'n groot beton op jou val!"
Koos staan doodstil en doef! ... twee treë voor hom val 'n stuk beton die sypaadjie stukkend. Hy stap verder en kort daarna wil hy die straat oorsteek. Hy wil net by die sypaadjie afstap toe hy weer die stem hoor: Stop! Staan stil! Daar is 'n dronk motoris wat op jou afpyl." Koos vries en dertig sekondes later jaag 'n motoris roekeloos verby Koos.
Koos kyk om hom rond. "Wie is jy?" vra hy vir die stem.
"Ek is jou beskermengel," antwoord die stem. "Ek is hier om na jou om te sien."
"O ja?" sê Koos, "Nou waar was jy dan die dag toe ek so sotlik was om te wil trou?"