Wat is vir jou te groot of te wonderbaar?
Is daar 'n onoorkombare probleem in jou lewe?
Is daar iets wat jy dink, jy nie van mag kry, omdat jy jouself as te minderwaardig ag, vir wonderbare dinge?
Die Here is God van alle vlees. Die Here het mag om te neem en te gee. Gee Hom al die eer vir die lewe waarvoor Hy jou toegerus het. Blom op die plek waar God jou geplant het en verryk als om jou, deur die genade en mag, wat God aan jou gegee het.
Dankie Here, vir die wonderbare genade en heerlikheid, wat ek nou ervaar onder u heerskappy. U is die God van my vlees, U het my geskep na u beeld en u gelykenis. Toe ek ontrou was en weggeloop het, het U my op wonderbaarlike wyse kom red en met u kosbare bloed teruggekoop. Ek is 'n nuwe mens in Jesus Christus, regverig in U, deur u genade. Amen.