Wednesday, 28 May 2025

Mossiestilte: Luk. 9:56

want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na 'n ander dorp vertrek.


Die rede vir Jesus se koms was om mense se lewens te red.
Glo in God en in die redding deur sy Seun. Sy Heilige Gees leer jou en lei jou in die spore van geregtigheid deur die bloed van Jesus.
Die Vader se liefde vir die mens verteer Hom so dat Hy tot die uiterste gegaan het om die mens te herstel tot, sy vorige beeld sonder sonde.
Daar sal altyd mense wees wat die Messias sal verwerp.
Maar God bly getrou aan sy woord om die mens te red.

Dankie Here, vir u redding en geregtigheid, wat my toegang tot die ewige lewe gee. U het my uitverkies ten spyte van my sonde en ontrouheid. Vader U het opdrag gegee dat ons na Jesus moet luister, u geliefde Seun (vers 35). Johannes sê ook in Joh. 1:29: Dáár is die Lam van God wat die sondes van die wêreld wegneem. Dankie Jesus, aan U al die eer en heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]