Sunday, 11 May 2025

Mossiestilte: Heb. 1:7-10

En nou van sy engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;
Maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer. 
U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het o God u God U gesalf met vars vreugde-olie bo u metgeselle;
en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is die werk van u hande.

Dis die Jesus, Seun van God, wat vir jou gesterf het om vir jou 'n plek te berei in Die Vader se tempel.
En Hy kom weer terug en kom jou haal, sodat jy by Hom kan wees.
Die engele van vuur staan reg om op die woord van die Vader, engele uit te stuur om vir jou te hulp snel en jou te bekragtig.
Jesus sê duidelik in Joh. 14 Moenie bekommerd wees nie, want Ek gaan om vir julle 'n plek te berei. En Ek kom weer terug en kom julle haal sodat julle kan wees waar ek is.
God die Vader laat jou nou op die nuwe en lewendige weg wandel wat Hy, vir jou ingewy het, deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees.

Vader deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, het U vir my die weg berei, 'n nuwe en lewendige weg wat U vir my ingewy het. (Heb. 10:20). Nou sing ek en juig ek in u voorhowe. deur die genade van Jesus Christus. Ek gee U al die ere. Amen.