Elke mens het ‘n lewenstrommeltjie herinneringe en dit is al wat jy het vandat jy kan onthou totdat jy sterf.
Wat jy in jou eie trommeltjie sit, asook in die trommeltjie van ander, is wat saakmaak.
Om die trommeltjie van die lewe te vul met kosbare herinneringe moet 'n mens nooit geleenthede versaak nie.
Dit wat jy vandag nalaat, is verewig verlore in die trommeltjie.
Om waardering te toon, om liefde te gee, om mooi herinneringe vir jou familie, vriende asook vir mense wat jou pad kruis, te gee, is van die blywende juwele in elke persoon se trommeltjie.
Watter herinneringe sit jy daagliks in jou geliefdes, vriende, kollegas en kennisse se trommeltjie?
As hulle die dag hul trommeltjie uitpak, wat gaan hulle van jou onthou ...?