Saturday, 24 May 2025

Kerkgenotjies: Besoek

* Die plattelandse dominee en sy vrou besoek die groot stad.
"Vrou, op hierdie plek kan ons nie bly nie."
"Hoekom nie?"
"Ek het nie woordeskat vir hierdie verkeer nie."
 
* "Pa, hoekom is Adam eerste gemaak?"
"Om hom 'n kans te gee dat hy ook iets kan sê." 

Gehoor van Karin en Frank, albei 95 jaar oud, wat na 70 jaar se getroude lewe besluit het om te skei?
Toe die dominee dit hoor, het hy dadelik navraag gaan doen waarom hulle dit nou nie maar nog vir die laaste rukkie saam kan uithou nie.
"Dominee," antwoord die man, "ons wou al jare gelede geskei het, maar ons het toe liewer besluit om eers te wag tot al die kinders dood is."