* Een van die gemeentelede het in die stilligheid 'n fortuinverteller besoek.
Fortuinverteller: "Jy sal arm en ongelukkig wees totdat jy eendag veertig is."
Gemeentelid: "En dan?"
Fortuinverteller: "Dan sal jy daaraan gewoond wees."
* Die dominee en sy twee pragtige tienerdogters gaan stap 'n entjie langs die rivier toe hulle 'n hengelaar teëkom.
"Dag, Dominee," sê die hengelaar. "Kom jy ook visvang?"
"Nee," antwoord die dominee. "Ek is 'n visser van mense.
"A!" sê die hengelaar met sy oë op die twee dogters. "Dan gebruik jy die regte aas."
* 'n Kwaai vrou het 'n grafsteen vir haar oorlede man se graf laat maak met die woorde daarop: RUS IN VREDE.
Toe sy eendag sy klere uitpak, kry sy 'n brief wat hy van 'n ander vrou ontvang het in een van sy sakke.
Sy is dadelik weg na die grafsteenmakers.
Vrou: "Meneer, ek wil glad nie meer daardie woorde op die grafsteen hê nie."
Grafsteenmaker: "Maar Mevrou, dit is klaar ingegraveer, en ons kan dit nie nou verander nie, tensy u nog iets wil byvoeg"
Vrou: "Wel, sit daarby: TOT EK KOM."