Friday, 30 May 2025

Die Vrede en Liefde van God is met julle

Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee. My juk is sag en My las is lig (Mat.11:25-30 ). 
Jesus wil die swaar jukke, bekommernisse en laste wat ons dra, van ons afhaal. In die plek daarvan wil Hy ons herstel tot die mens wat Hy vanaf die begin beplan het dat ons moet wees. Vir dit om te gebeur, moet sekere vleeslike werke in ons lewe sterwe en plek maak vir die geestelike vrugte. 
Ongelukkig sal ons solank ons op aarde is, altyd 'n stryd voer tussen die Gees en vlees wat albei in ons woon ( Gal.5:16 ev.) Die keuse van wie in ons gaan heers, berus by ons. Heiligmaking is wanneer ons kies om 'n verandering in ons lewe te bring. Daarmee sal die Here ons help (Rom.12:2). Hy sal nooit teen ons keuse indruis nie. Ons het die ewige lewe gekies wat Hy vir ons aangebied het. Nou gaan ons verder en kies ook om die lewe te leef wat Hom behaag. Kortliks, ons kies wie ons God is en dien Hom, ons kan nie twee gode dien nie. Ons kies om goeie vrugte te dra (Joh.15).
Bid asseblief gereeld en getrou vir ons land en volk en ook by name vir ons regering. Die Here is lief vir ons. Kom ons dra ons liefde vir Hom elke dag net meer en meer uit. 
[Dankie, Anoniem, vir die deel van hierdie gedagtes.]