Wednesday, 21 May 2025

Mossiestilte: Joh. 3:33-36

Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.
Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie. 
Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. 
Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

Johannes sê ook: Joh. 3:30: Hy moet meer word, maar ek minder.

Plaas jou hoop, geloof, en verwagting op Hom, die Koning van konings. 
Neem Hom aan vandag. Glo in Hom en kry die ewige lewe. God is waaragtig, sit sy seël daarop!

Here ek neem u getuienis aan. U is die waaragtige God. Dankie vir die Heilige Gees wat ook aan my gegee is. Ek glo in die Seun van God, wat die Vader gestuur het. Here gee my u woorde dat ek net dit sal spreek. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]