Want God werk op vreemde wyses.
Sy wil is nie ons wil nie.
Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Sy tyd is nie ons tyd nie.
Daarom moet jy:
* Diep dink.
* Saggies praat.
* Baie liefhê.
* Vriendelik wees.
* Hard werk
* Voluit lewe.
Want elkeen wat goed lewe, lewe lank, want ons lewenstyd word nie bereken in jare, dae of ure nie ...
Dink gerus en gereeld hieroor:
Vreugde, selfs liefde, sterf as jy dit nie vertroetel nie.Daarom is dit nou tyd dat ons -
* Met sagte hande aan mekaar begin vat.
* Met sagte oë na mekaar begin kyk.
* Met sagte tonge met mekaar praat.
En sorg dat ons elke dag ons daaglikse dosis lag inkry!