Showing posts with label Ouetehuis. Show all posts
Showing posts with label Ouetehuis. Show all posts

Monday, 12 January 2026

Projekte: Diensprojekte en toerustingsprojekte

Voorstelle van die vrouelidmate uit die NK - aktiwiteite buite gemeenteverband:
* Sopkombuise
* Broodjies by bloedskenkaksies
* Hulp by huise vir bejaardes of gestremdes
* Hulp by dienssentrums
* Breiprojekte vir mense in nood in jou onmiddellike omgewing of vir seemanne of vir vigswesies
* Bydraes vir of betrokkenheid by kinderhuise
* Huisvesting en/of onthaal van fietstoere (Trap vir Bybelverspreiding)
* Vervoer vir senior burgers na dokter/hospitaal/fisioterapeut/winkel toe
* Bybelstudie by instansies buite gemeentegrense

Temas vir byeenkomste (gereël vir vroue deur omgeevroue)
* Kommunikasie en konflikhantering
* Koffie saam met die Koning
* Goddelike verhoudings
* Jy is spesiaal
* Vyf tale van die Liefde
* Soveel om voor dankbaar te wees

[Die Pienk boekie, Nuusbriefnr. 93 - Maart 2011]

Saturday, 6 December 2025

Ons Huis se bederfdag

Dankie aan elkeen wat só ruimhartig begedra het tot hierdie bederffunksie. Ons waardeer elkeen se bydrae om kleur aan Ons Huis-inwoners se dag te gee.

Thursday, 23 October 2025

Afkondiging: Kersbederf by Ons Huis


Kersfees 2025 is om die draai. Ons wil graag
 Ons Huis se inwoners bederf met 'n heerlike ete en geskenkies. Ons het egter elke gemeentelid se bydrae nodig om hierdie bederfprojek 'n sukses te maak. 

Bydraes in die vorm van seep, waslappe en koekies kan by die kerkkantoor afgegee word. 

Afsnypunt vir geskenkies: 24 November 2025

Help ons om Ons Huis-inwoners te bederf en
om 'n oor-tot-oor-glimlag op hulle gesigte te sit.  

Thursday, 16 October 2025

Afkondiging: Kersbederf by Ons Huis


Kersfees 2025 is om die draai. Ons wil graag Ons Huis se inwoners bederf met 'n heerlike ete en geskenkies. Ons het egter elke gemeentelid se bydrae nodig om hierdie bederfprojek 'n sukses te maak. 

Bydraes in die vorm van seep, waslappe en koekies, kan by die kerkkantoor afgegee word. 
Afsnypunt vir geskenkies: 24 November 2025

Help ons om Ons Huis-inwoners te bederf en 
om 'n oor-tot-oor-glimlag op hulle gesigte te sit.  

Wednesday, 13 August 2025

Projek Resthaven

Wat 'n vreugdevolle dag was dit nie vandag by Resthaven nie. 'n Splinternuwe broodnodige rolstoel is vandag daar afgelewer. Aan stuur van die projek is Rina Groenewald saam met haar regterhand, Pula.

Nico Broodryk en Bea Benson was saam om met die inwoners te praat en ook om te kyk waar die nood druk.

Op die foto verskyn die kombuispersoneel, saam met Pula Leburu, links.

Kontak gerus vir Rina indien jy by die volgende projek van Resthaven betrokke wil raak.

Mag ons vandag onthou dat ons sy hande en voete moet wees vir mekaar deur gehoorsaam te wees. Dis met jou oë waardeur Hy met deernis na hierdie wêreld kyk.

Tuesday, 22 July 2025

67-noodsaaklike minute by Resthaven ouetehuis


Senior burgers of oumense soos daar dikwels in die omgangstaal na hulle verwys word - die mense wat hulle lewe gewy het om op te bou, hard te werk, uit te reik en kinders groot te maak ... hulle wat nie meer raakgesien word nie ... hulle wat uitgerangeer is uit die samelewing waar alles teen 'n vinnige tempo en nog vinniger leefstyl gekenmerk word ... hulle het ons hulp dringend nodig.

Die vergete aftree-oorde wat deur gedetermineerde en omgeepersoneel aanmekaar gehou word, skree die onbetrokkenheid van die gemeenskap uit. Daar is só baie dinge wat benodig word om net te oorleef.

Kimberley se besondere koue winter het die behoefte aan komberse en wintersklere onderstreep.

'n Uit-die-hart-dankie vir Rina Groenewald wat op die agtergrond gewoeker het om die eerste tree te gee om die winterknyp by Resthaven aan te spreek. 50 splinternuwe komberse val nie net uit die lug uit nie. Saam met haar, het Pula, Daphné en Lizzie gehelp om vir elke inwoner Mandela-dag spesiaal te maak. Saam met die snoesige komberse, is daar ook heerlike sop en broodjies uitgedeel, terwyl ds. William en sy vrou, Isabel, ook die Brood van die Lewe met die inwoners gedeel het.

Dankie vir elkeen wat hierdie uitreik spesiaal en moontlik gemaak het.

Saturday, 14 December 2024

Ons Huis kry 'n verrassingsbesoek van Kimberley Biker's

Ons Huis, die tehuis vir bejaardes, was Saterdag die opgewonde ontvangers van geskenkies, sowel as 'n ruim skenking van doeke vir volwassenes, 'n duur noodsaaklikheid vir baie bejaarde inwoners.  

Verskeie motorfietsklubs het kragte saamgesnoer het vir die Pension Run-inisiatief. Drie plaaslike ouetehuise, Resthaven, Belgrave Lodge en Ons Huis het by hierdie inisiatief gebaat.

Die organiseerders hoop om die Pensioenlopie 'n jaarlikse tradisie te maak om te verseker dat senior burgers in Kimberley 'n stresvrye vakansieseisoen kan geniet.

 Die organiseerders het hul opregte dank uitgespreek teenoor elke lid en borg wat tot die geleentheid bygedra het. "Jou vrygewigheid en deelname word baie waardeer," het hulle gesê.

 Die Pensioenloop het die krag van gemeenskap en vriendelikheid gedemonstreer en almal herinner aan die vreugde wat gepaard gaan met teruggee. Daar word gehoop dat geleenthede soos hierdie nie net vreugde vir die ontvangers bring nie, maar ook ander inspireer om bymekaar te kom en 'n verskil te maak.

Thursday, 5 December 2024

Besoek en bid vir ons bejaardes in die ouetehuise

Baie eensame mense en bejaardes voer amper 'n kluisenaars bestaan, selfs bejaardes wat in ouetehuise is, word vergeet. Geestelike en emosionele armoede is aan die orde van die dag. Dit is die een aspek wat aangespreek kan word, sonder addisionele kostes.

Hoe ouer ’n mens word, hoe meer voel en ervaar hulle dat hulle deur die samelewing uitgeskuif en vergeet word. Hierdie mense het toe hulle jonk was, hulle kant gebring waar dit nodig was. Maar ongelukkig neem die waarde van 'n bejaarde af in die oë van die wêreld. Grysheid het skielik 'n diskwalifikasie geword.

Hierdie is van die gewaarwordinge met 'n besoek aan Resthaven. Daar is 'n behoefte aan vrywillige werkers wat 'n boodskappie kan bring of sommer net tussen die inwoners kan kuier of langs 'n siek bed sit en iemand se hand vashou. 

Desember is 'n uitreikmaand - kom ons sluit Resthaven in.


Duisend dankies Rina, Daphné, ds. William, Isobel, Pula en Lizzie!

Dankie, Ds. William vir die ekstra myl

Saturday, 17 August 2024

Help asseblief ONS HUIS sodat hulle weer die inwoners kan help

Vanaf  29 Augustus tot Sondag, 1 September 2024 is die pannekoek- en vetkoekstalletjie aan die ACVV en ADASA (Alzheimers) Kimberley, by die jaarlikse Hartsfees te Yonder, toegeken. Dit is dus 4 dae wat die 2 organisasies vir fondsinsameling pannekoek en vetkoek verkoop. 

Sonder u gewaardeerde hulp sal ons dit nie kan doen nie. Ons benodig bestanddele en vra asseblief vir hulp van u of u organisasie/besigheid. Hieronder is 'n lys van wat ons benodig:

* koekmeel - ten minste 20 kg
* suiker - ten minste 20 kg
* pypkaneel
* bakpoeier
* suurdeeg
* sout
* asyn
* olie - ons het redelik baie nodig vir die vetkoek bak
* eiers - hiervan het ons ook heelwat nodig
* maalvleis
* hoenderfilette
* mayonnaise
* blik of 2 "Spray & Cook"
* gevriesde gemengde groente om by die maalvleis te voeg
* verpakking

Ons as bestuur en personeel van die twee organisasies wil u byvoorbaat vir u gewaardeerde bydrae bedank.

Vriendelike groente.
Irma van As en Emsie Malan
(Bestuurders van ACVV Kimberley en ADASA Kimberley)  

Kontak Irma by 053 842 1141 tydens kantoorure
Ons het jou hulp nodig!