Showing posts with label Hande. Show all posts
Showing posts with label Hande. Show all posts

Sunday, 20 April 2025

Paasboodskap: God se hande

Hier oor die Paastyd kry mens baie boodskappe wat die betekenis van die kruisgebeure uitdruk. Van Krip tot Kruis ...

Die volgende boodskap praat direk tot 'n mens.

'n Gholfstok in my hande beteken nie veel nie.
'n Gholf stok in Ernie Els se hande beteken 'n paar miljoen rand.
Dit hang af in wie se hande dit is ...
'n Stok in my hande kan gebruik word vir selfverdediging.
'n Stok in Moses se hande het die see geskei.
Dit hang af in wie se hande dit is ...
Twee vissies en vyf brode in my hande beteken 'n paar vistoebroodjies.
Twee vissies en vyf brode in God se hande beteken kos vir duisende.
Dit hang af in wie se hande dit is ...
Met spykers in my hande kan ek 'n kassie bou.
Spykers in Jesus se Hande beteken Oorwinning en Verlossing vir die hele wêreld.
Dit hang af in wie se hande dit is ...
So, sit jou bekommernisse, jou vrese, jou hoop, jou drome, jou familie, jou verhoudings, 
jou werk, jou toekoms, die regering - ALLES - in God se Hande.
Onthou: Dit hang af in wie se hande JY is!
Jy is in God se hande!

Wednesday, 14 June 2023

Die lewe ... uit 'n ander hoek

Die lewe is soos visvang ... ons is soos 'n visstok,
party dae gooi die lewe jou hard,
ander dae staan jy alleen in 'n hoek,
party dae breek jou lyn
en ander dae sit jy vas op moeilike plekke.
Alles hang net af van die persoon wat jou vashou,
jou beheer en in wie se hande jy geplaas is.
Vertrou op die Here
en terwyl Hy jou beheer,
sal Sy hand altyd daar wees vir jou en jou steun!!

[Dankie, Anoniem, dat jy hierdie stukkie met ons deel.]

Sunday, 27 March 2022

Saturday, 31 March 2018

In wie se hande is jy?

'n Gholfstok in my hande beteken nie veel nie. 'n Gholfstok in Ernie Els se hande beteken 'n paar miljoen rand.
Dit hang af in wie se hande dit is...

'n Stok in my hande kan gebruik word vir selfverdediging.
'n Stok in Moses se hande, het die see geskei.
Dit hang af in wie se hande dit is...

Twee vissies en vyf brode in my hande beteken 'n paar vis-toebroodjies.
Twee vissies en vyf brode in God se hande beteken kos vir duisende.
Dit hang af in wie se hande dit is...

Met spykers in my hande kan ek 'n kassie bou.
Spykers in Jesus se Hande beteken Oorwinning & Verlossing vir die hele wêreld.
Dit hang af in wie se hande dit is...

So, sit jou bekommernisse, jou vrese, jou hoop, jou drome, jou familie, jou verhoudings - ALLES - in God se Hande.
Onthou - Dit hang af in wie se hande JY is!