Showing posts with label Kankerpad. Show all posts
Showing posts with label Kankerpad. Show all posts
Thursday, 30 April 2026
Friday, 8 November 2024
Bid vandag vir ...
VANDAG vra ons GEBEDE vir almal wat SIEK is en ly, maar veral vir ons gemeentelede wat siek is ...
God is 'n God van WONDERWERKE ... Kom ons vra vir daardie WONDERWERK vir elkeen van die mense om ons.
Jy kan VANDAG 'n verskil maak deur net daar waar jy nou is, te BID, dalk bloed te skenk as jy kan, of jouself te laat registreer as 'n orgaanskenker ... maak 'n verskil en help ons siek mense ...
Net daar waar jy nou is:
* Bid en vra GOD om die siekes se lyding te verlig en gesond te maak as dit in Sy groot raadsplan is.
* Daar is huismense wat saam met die siekes ly en magteloos moet staan en toekyk.
* Diegene wat chemo/bestraling kry a.g.v. kanker.
* Hulle wat dialises kry - 'n lewensonderhoudende behandeling vir nierversaking - skenkerniere is só skaars en die waglys lank.
God is 'n God van WONDERWERKE ... Kom ons vra vir daardie WONDERWERK vir elkeen van die mense om ons.
Jy kan VANDAG 'n verskil maak deur net daar waar jy nou is, te BID, dalk bloed te skenk as jy kan, of jouself te laat registreer as 'n orgaanskenker ... maak 'n verskil en help ons siek mense ...
Friday, 19 July 2024
Tabita se sop- en storieaand
Gisteraand het Tabita-dames op 'n ander manier hul 67-uitreikminute gebruik. Daar word só baie op materiële vlak uitgereik, maar diegene wat uitreik se emosionele tenks bly dikwels leeg, want in vandag se gejaagde lewe is daar nie tyd om dit op te vul en aan te vul nie. Gisteraand is daar emosionele brandstof, geloofsbrandstof en hoop uitgedeel.
Die twee dames wat hul lewenservaring, die opdraandes en die afdraandes, die twyfel en die glo, met die ander teenwoordig gedeel het, wou vir hulle die versekering gee dat 'n mens nooit hoop moet verloor nie - al lyk die pad oneindig lank en donker - glo en beweeg net een tree op 'n slag en as jy terugkyk, sien jy dat die Here se vingerafdrukke sigbaar is.
Marina se getuienis kan in die boekie, God maak stukkende mense heel, gelees word en Liesl se seun se berig het HIER verskyn.
As Tabita weer 'n byeenkoms het, kom kuier gerus saam en kom maak jou geloofstenk vol.
Subscribe to:
Posts (Atom)