Showing posts with label Vrouemaand. Show all posts
Showing posts with label Vrouemaand. Show all posts

Saturday, 9 August 2025

Gelukkige Vrouedag en -maand


Nasionale Vrouedag word elke jaar op 9 Augustus gevier en dan val die kollig op die vroue wat daagliks met moed, krag en deursettingsvermoë hul bydrae tot die huishouding, gemeenskap en land moet lewer.

Vroue is kosbaar, veerkragtig en onmeetlik waardevol. Hulle beskik oor die vermoë om oor hoë hekkies in moeilike tye te kom. Vrouedag is ’n geleentheid om nie net na die verlede te kyk nie, maar ook om na die toekoms, want vroue beskik oor die vermoë om 'n verskil in die wêreld te maak. 

Mag hierdie dag gevul wees met liefde, vreugde en waardering vir alles wat jy is en wat jy doen.

Friday, 9 August 2024

Ek is vrou ...

Ek stoot deure wanneer ek dit moet trek.
Ek praat met myself as ek goeie advies nodig het.
Ek stap in 'n vertrek en ek vergeet hoekom ek daar is.
Mode is klere wat nou vir my pas.
My lewe draai om my kinders en sal my tekort doen om my kinders te help.
Ek tel op my vingers.
Ek wens soms ek kan myself vir 'n paar minute in die tuimeldroër gooi ... en kom dan plooivry en 3 sizes kleiner uit.
Om oud te word moet klein bietjie langer vat.
Ek wys nie as ek seer het nie.
Ek huil baie meer as wat jy dink.
Ek gee om vir mense wat nie vir my omgee nie.
Ek probeer alles gedoen kry voor die mikrogolf  BEEP!
Ek is vrou en 'n DRUKKIE help altyd!
Ek besef elke dag ek kan nie sonder God nie.
Ek is vrou en dis 'n voorreg!

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie op Vrouedag met ons deel.]

Wednesday, 23 August 2023

Vrouemaand: Ek is 'n vrou ...

Ek oorreageer,
Ek onderskat,
Ek is ongeorganiseerd,
Ek het buie,
Ek is optimisties,
Ek huil maklik,
Ek is betroubaar,
Ek is mal oor alles wat soet is,
Ek is lomp,
Ek is vergeetagtig,
Ek is nalatig,
Ek is liggelowig,
Ek is gelowig,
Ek is baasspelerig,
Ek is ook saggeaard,
Ek maak dom foute,
Ek verdra nie onregverdigheid nie,
Ek word jaloers,
Ek raak gou verveeld,
Ek brand kos,
Ek is tydsaam,
Ek is ook haastig
Ek praat voordat ek dink,
Ek is mal oor skerp humor,
Ek is hardwerkend,
Ek het so 'n lui streep in my,
Ek val mense in die rede, maar ek gee altyd om.
Ek is altyd myself.
So moenie my ooit probeer verstaan nie, wees net lief vir my.

Wednesday, 9 August 2023

Vrouedag

Jy is 'n vrou met uithouvermoë.
'n Vrou met 'n hart wat glo.
Jy kan lag.
Jy kan huil.
Jy kan luister. 
Jy kan liefhê.
Jy kan verstaan.
Jy is snaaks.
Jy is ernstig.
Maar bo alles:
Jy is 'n geskenk aan die wêreld.

Monday, 3 August 2020

Augustus is vrouemaand: 'n Pragtige verwerking van Ps. 23

''Die Here is my Herder,
ek sal géén hartseer vrees nie.
Hy droog my trane af,
ja, ek is ewig Sy dogter-kind!
Wanneer ek, as vrou,
die gevoel van 'alleen-wees' ervaar,
hou SY hande myne stewig vas.
Hy vertroetel en Hy vertroos my;
met 'n oneindige Liefde wat net Hy vir my kan skenk.
Wanneer familie en vriende té ver is
vir net gou-'n-drukkie-gee,
sal Hy gereed staan,
want wie is daar wat beter van my vrouwees weet?
En al gaan my lewe, of verhoudings,
deur donker dae,
sal Hy my altyd teen Sy boesem hou
en daaraan herinner:
ek is EKSTRA spesiaal,
want ek, ek is 'n vrou !''

Mag Ps 23 vir jou vandag opnuut laat besef, God het ONS SO BAIE BAIE LIEF. Mag Augustus - Vrouemaand - vir jou vol blessings wees!

[Dankie, René Brits, dat jy hierdie met ons lesers deel.]