Monday 3 August 2020

Augustus is vrouemaand: 'n Pragtige verwerking van Ps. 23

''Die Here is my Herder,
ek sal géén hartseer vrees nie.
Hy droog my trane af,
ja, ek is ewig Sy dogter-kind!
Wanneer ek, as vrou,
die gevoel van 'alleen-wees' ervaar,
hou SY hande myne stewig vas.
Hy vertroetel en Hy vertroos my;
met 'n oneindige Liefde wat net Hy vir my kan skenk.
Wanneer familie en vriende té ver is
vir net gou-'n-drukkie-gee,
sal Hy gereed staan,
want wie is daar wat beter van my vrouwees weet?
En al gaan my lewe, of verhoudings,
deur donker dae,
sal Hy my altyd teen Sy boesem hou
en daaraan herinner:
ek is EKSTRA spesiaal,
want ek, ek is 'n vrou !''

Mag Ps 23 vir jou vandag opnuut laat besef, God het ONS SO BAIE BAIE LIEF. Mag Augustus - Vrouemaand - vir jou vol blessings wees!

[Dankie, René Brits, dat jy hierdie met ons lesers deel.]